Kaapstad Verander Area

Vandag


22°C / 14°C

Wind 12km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 74%

Donderdag


22°C / 15°C

Wind 32km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 69%

Vrydag


23°C / 15°C

Wind 37km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 61%

Saterdag


24°C / 14°C

Wind 37km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 52%

Sondag


27°C / 16°C

Wind 24km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 48%

Maandag


24°C / 16°C

Wind 35km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 62%

Nuusflitse
Mthembu steeds in intensiewe sorg – ANC Man tronk toe wat stiefdogter verkrag Nene: Staat se gordel sal styf ingetrek word Man sterf toe hy van afleweringsvoertuig val Senzo Mchunu se vrou moet uit pos bedank - IVP Snik, gemmerkoekies word geslagloos Indonesië onderskep Australiese vliegtuig Duitsland stuur tieners terug wat glo by IS wou aan sluit KZN-mans lank tronk toe vir verkragting Kerkramp: Suid-Afrikaners se lyke steeds nie terug nie Heyns-moordsaak: Broer gaan dalk teen broer getuig SOE: Wil nie Nkandla-eis instel teen Jacob Zuma Oscar Pistorius: Eerste dag in die tronk Bloemfonteiners is ongesond, Kapenaars gesond Joodse mans ontevrede oor vroue-advertensies 5 jaar vir Pistorius Wraak-porno: Facebook moet IP-adresse verskaf Neusselle laat verlamde man wéér loop Oscar se beproewing sal nóóit verby wees nie - Aimée Bejaarde egpaar al vier keer beroof Oscar de la Renta sterf Weduwee onthul hoe PW nee sê vir staatshulp Panda's gee bewaarder grys hare Vier mans vas ná suuraanvalle op vroue Seun kritiek ná partytjie-verkragting WGO verklaar Nigerië Ebola-vry Britse toeristemoord: Verdagtes glo fisiek mishandel Japan: Twee vroueministers bedank weens korrupsie Indiese marathon ontaard in klug China skenk voedsel vir Ebola-lande Somerset-Wes: Vroue-rower skiet wag JZ: Waarom kritiek oor Nkandla - wat van PW? Texas: Ebola-personeel hoor vandag
Sake

JSE daal effens, maar ontleders is nie verbaas

Deur Mari Blumenthal, I-Net Bridge Vrydag 19 Julie 2013 9:38 nm.

Pretoria. – Winsneming en swakker groeivooruitsigte vir Suid-Afrika het die JSE gister in die rooi gehou.

Die JSE se indeks van alle aandele het 1,45% laer gesluit op 40 549 punte. Die nywerheidsindeks het die hardste pak slae gekry en 1,76% verloor. Die finansiële en die hulpbronindeks het onderskeidelik 1,48% en 1,24% laer gesluit.

“Ons sien nou normale wisselvalligheid en konsolidasie in die mark wat nie verbasend is nadat dit die afgelope ruk stewig geklim het nie,” sê Ferdi Heyneke, portefeuljebestuurder by Afrifocus.

Viv Govender, ontleder by Vunani Private Clients, sê plaaslike marksentiment is ook geknou nadat die Reserwebank Donderdag sy groeivooruitsigte vir Suid-Afrika tot net 2% verlaag het.

Die rand het gisteraand vroeg teen R9,86 teenoor die dollar verhandel nadat dit vroeër in die dag tot R9,93 teruggesak het.

Theuns de Wet, hoof van navorsing van Rand Merchant Bank, sê dit lyk of die rand nou in ’n band tussen R9,80 en R10,00 verhandel.

De Wet sê marksentiment het vandeesweek verbeter nadat dr. Ben Bernanke, president van die Amerikaanse Federale Reserweraad (Fed), markte verseker het dat hy nie sommer binnekort die Fed se aankope van staatseffekte sal begin verminder nie.

Bernanke het gesê dit is “steeds heeltemal te vroeg” om te besluit of die Fed in September sy aankope moet begin afskaal, berig Bloomberg.

“Ná twee dae se verslagdoening voor die Amerikaanse kongres lyk dit of Bernanke dit reggekry het om markte te kalmeer,” sê De Wet.

De Wet sê die wyse waarop die opbrengskoers op Amerikaanse staatseffekte gestabiliseer het, toon ook dat Bernanke beleggers vir eers gerus gestel het.

Besoek www.sake24.com  vir gratis sakenuus en vars markinligting.