Kaapstad Verander Area

Vandag


27°C / 16°C

Wind 24km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 51%

Dinsdag


27°C / 17°C

Wind 19km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 55%

Woensdag


26°C / 17°C

Wind 15km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 67%

Donderdag


23°C / 15°C

Wind 37km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 69%

Vrydag


25°C / 16°C

Wind 34km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 51%

Saterdag


27°C / 17°C

Wind 30km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 53%

Sake

RESULTATE

JSE Bpk. se wins groei met 35%

Deur reuters Dinsdag 13 Augustus 2013 4:42 nm.

Die beer en die bul - 'n beeld in die voorportaal van die JSE in Sandton. Foto: Bongiwe Gumede

Die JSE se bedryfsmaatskappy, JSE Bpk., het in sy eerste halfjaar 35% meer wins gemaak, gesteun deur robuuste verhandeling op Afrika se grootste aandele-, effekte-, termyn- en valutabeurs.

Die beurs se indeks van alle aandele het Dinsdag steeds aanhou klim nadat dit Maandag ’n rekord gehaal het.

JSE Bpk. se wesensverdienste per aandeel het tot 333,2c gestyg in die ses maande tot einde Junie, vergeleke met 245,5c in dieselfde tyd verlede jaar.

Die algehele inkomste het met 16% tot R793,5 miljoen gestyg en uitgawes het met 3% ingekrimp.

“Die 3% is effens vleiend, gegewe dat dit in vergelyking is met verlede jaar, toe daar waardedalings was. As jy die waardedalings uitsluit, is koste hoër in ’n lae tweesyfer-persentasie,” het Nicky Newton-King, uitvoerende hoof, gesê.

Verlede jaar het die beurs sy rekenaarstelsel opgegradeer teen R73 miljoen.