02 Julie 01:10
11°C / 16°C

Kaapstad Verander Area

Vandag


16°C / 11°C

Wind 27km/h


Reënval 0mm


Humiditeit 77%

Vrydag


16°C / 11°C

Wind 13km/h


Reënval 0mm


Humiditeit 78%

Saterdag


16°C / 12°C

Wind 14km/h


Reënval 0mm


Humiditeit 81%

Sondag


15°C / 12°C

Wind 25km/h


Reënval 0mm


Humiditeit 82%

Maandag


16°C / 12°C

Wind 29km/h


Reënval 0mm


Humiditeit 70%

Dinsdag


17°C / 12°C

Wind 11km/h


Reënval 0mm


Humiditeit 78%

Sake

SA regisseur se fliek maak $41 m. in ’n naweek

Deur reuters Dinsdag 13 Augustus 2013 09:05

Neill Blomkamp

Die Suid-Afrikaanse regisseur Neill Blomkamp se nuwe wetenskapsfiksie-riller, “Elysium”, het die afgelope naweek $30,5 miljoen by die Amerikaanse loket verdien.
Dit was die beste vertoning van alle flieks in Amerika en Kanada dié naweek – en het Jennifer Aniston se komedie “We’re the Millers” ($26,6 miljoen), die tekenprent “Cars” se opvolgprent “Planes” ($22,5 miljoen) en die fantasie-prent “Percy Jackson: Sea of Monsters” ($14,6 miljoen) geklop. “Elysium” het ook $10,9 miljoen verdien in die sewentien ander lande waar die fliek vrygestel is. 
Maar die fliek het steeds swakker gevaar by die loket as Blomkamp se eerste fliek, “District 9”, wat vir ’n Oscar benoem is en $200 miljoen verdien het. “District 9” is vir slegs ’n derde van “Elysium” se begroting van $115 miljoen vervaardig en het ook nie sy groot sterre – Matt Damon en Jodie Foster – gehad nie. 
“Elysium”, wat in die jaar 2154 afspeel, gaan oor ’n ruimtestasie waar ’n elite-groep bly ná die aarde erg verwoes is. Die ruimtestasie word aangeval deur die arm mense wat op die aarde agtergelaat is.