25 Mei 01:12
12°C / 22°C

Kaapstad Verander Area

Vandag


22°C / 12°C

Wind 17km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 71%

Maandag


19°C / 15°C

Wind 23km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 62%

Dinsdag


18°C / 13°C

Wind 24km/h


Reënval 3.8mm


Humiditeit 81%

Woensdag


21°C / 13°C

Wind 13km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 66%

Donderdag


22°C / 14°C

Wind 16km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 68%

Vrydag


18°C / 15°C

Wind 23km/h


Reënval 12.4mm


Humiditeit 76%

Sake

Beurs boelie Massmart ná nuus oor laer wins

Deur bloomberg Woensdag 14 Augustus 2013 15:43

Massmart se aandeelprys het Woensdag tot die laagste vlak in byna twee jaar geval ná gister se aankondiging dat sy halfjaarwins minder gaan wees.

Die aandeel het in ’n stadium op R146 verhandel, die laagste vlak sedert Oktober 2011. Sedertdien het dit effens herstel en teen 15:30 was die aandeelprys R152,30, sowat 4,57% minder as sy openingsprys. Dinsdag het die aandeel ook met 2,7% geval.

Sowat 823 000 aandele is al vandag verhandel – meer as dubbel die daaglikse gemiddelde oor drie maande.

Massmart het Dinsdag aangekondig dat sy verdienste per aandeel, uitgesluit eenmalige items en vauluta-voordele, met 3,9% gedaal het tot 25% vir die 26 weke tot 23 Junie. Die maatskappy het geen rede verskaf nie.

Massmart besit onder meer Makro, Game en Builders Warehouse.

Wal-Mart Stores, die moedermaatskappy van die Walmart-kettingwinkel van Amerika, het in Augustus 2011 ’n 51%-belang in Massmart bekom.

“Die aandeel is geprys asof towerkrag sou kom uit die Wal-Mart-transaksie en dit het nog nie gebeur nie,” het David Shapiro van Sasfin Securities in Johannesburg gesê. “Daar’s nog weinig aanduiding dat die Wal-Mart-strategieë binnekort in werking gaan tree.

Die maatskappy se volledige halfjaarresultate word op 22 Augustus aangekondig.