Kaapstad Verander Area

Vandag


23°C / 16°C

Wind 41km/h


Reënval 2.2mm


Humiditeit 64%

Donderdag


22°C / 15°C

Wind 19km/h


Reënval 4.7mm


Humiditeit 68%

Vrydag


23°C / 16°C

Wind 27km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 63%

Saterdag


27°C / 17°C

Wind 22km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 49%

Sondag


26°C / 15°C

Wind 19km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 64%

Maandag


23°C / 15°C

Wind 42km/h


Reënval 0.3mm


Humiditeit 68%

Sake

Jan Taks in sy skik met flinke belastingbetalers

Woensdag 14 Augustus 2013 6:30 nm.

Teen Woensdagoggend het die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) reeds meer as 2 miljoen belastingopgawes vir die 2013-belastingseisoen ontvang.

Dit vergelyk goed met die sowat 1,8 miljoen wat verlede jaar teen dieselfde datum ingedien is.

Van die opgawes is 1 060 242 deur eFiling ingedien en nog 936 041 is by SAID-takke elektronies ingedien. Net 3 843 papiervorms is ingedien.

Die bedrywigste dag was 2 Julie, toe meer as 80 000 opgawes ingedien is.

In die 45 dae sedert die belastingseisoen op 1 Julie begin het, het die SAID reeds meer as 1 miljoen terugbetalings ter waarde van meer as R6 miljard gedoen.

Die spertyd vir belastingopgawes op papier is 27 September; vir eFiling 22 November en vir voorlopige belastingbetalers 31 Januarie 2014. Voorlopige belastingbetalers is dié wat ander bronne van inkomste het as ’n salaris, soos beleggings, ’n onderneming, huurgeld, tantième of direkteursgelde.