Kaapstad Verander Area

Vandag


23°C / 14°C

Wind 32km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 45%

Saterdag


25°C / 16°C

Wind 32km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 50%

Sondag


26°C / 16°C

Wind 28km/h


Reënval 0.2mm


Humiditeit 58%

Maandag


20°C / 15°C

Wind 23km/h


Reënval 24.6mm


Humiditeit 85%

Dinsdag


21°C / 16°C

Wind 14km/h


Reënval 2.8mm


Humiditeit 76%

Woensdag


23°C / 16°C

Wind 33km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 63%

Nuusflitse
4 werkers sterf toe brug ineenstort Man val laerskoolkinders met mes aan 4 mense dood en 14 beseer in ongelukke op Van Reenenspas Sataniste soek swart katte in Hongarye Man dood in Tafelberg-tragedie Zambiër vas oor hy in lug skiet ná president se dood ‘Hongarye sit internetbelasting eers op ys’ Miley Cyrus se rok skok Man ontnugter met droomvrou, wurg haar Rowers grawe tonnel om bank te beroof Vermeende verkragter gesoek MH370: Seuns dagvaar oor pa se “dood” Beroemde bokskryt glo gesteel Thuli Madonsela: Jy's nie bo die reg, JZ 13-jarige ontvoer: 'Toestande in ouerhuis nie noodwendig sleg' Steve Hofmeyr ken nie apartheid - Virginia Keppler Klimmer sterf op Nepal-berg Eerste renoster in Etosha gestroop Taxi-eienaar doodgeskiet in Jhb-middestad Werkloosheid hier om te bly Twee mans aangekeer ná skietvoorval Toeristemoord: Mianmar-verdagtes gaan weer getoets word Duitse toeris dood in Australiese park gekry Vodacom: Klante se besonderhede glo bekendgemaak Ebola: Verpleegster in VSA weier kwarantyn Vermeende ontvoerder van meisie (13) vandag in hof Nóg bewyse dat Ellen Tshabalala jok oor graad Gesteelde skape in vrou se slaapkamer gevind Fransman sterf ná 56 sopies 14 dood, 300 vermis ná grondstorting in Sri Lanka ​Kommer oor TB en diabetes-epidemie Kiwi's gaan stem oor nuwe vlag ​Rusland bied hulp aan na vuurpyl-ontploffing ​VN aanvaar resolusie oor Kuba Hoogswanger Thandi Bocibo by hospitaal weggewys Vermiste Casandra Lottering (13) is gevind Die Leeu, die Jakkals en die Perske maak musiek Wilde sampioene maak gesin siek Ebola: Switsers sê ja vir eksperimentele entstof Sanger Bobby beroof Kroonprinses Masako hou eerste banket in 11 jaar Kambodja: Broers sterf in handgranaatontploffing Tienerseun vas wat kleuter glo verkrag, vermoor Chinese toeriste in Durban-ongeluk beseer Oscar Pistorius: 4 gronde vir appèl Wes-Kaap: Alan Winde wil grondhervorming aanpak Senzo Meyiwa: Gemeenskap moet die polisie help
Sake

Kleinhandelverkope groei met slakkegang

Deur bloomberg, reuters Woensdag 14 Augustus 2013 2:22 nm.

Die winkeltrollies word leër soos inflasie en lae inkomstegroei verbruikers knel. Foto: Reuters

Kleinhandelverkope het in Junie met ’n slakkegang gegroei – ’n teken dat verbruikers onder groot druk is.

Verkope was net 1,9% meer op ’n jaargrondslag, vergeleke met die 6%-styging in Mei, volgens inligting op die webwerf van Statistieke Suid-Afrika (SSA).

Dit voorspel niks goeds vir die land se ekonomiese groei nie, aangesien kleinhandel ’n groot persentasie van die bruto binnelandse produk verteenwoordig.

Van Mei tot Junie het die verkope stabiel gebly en op ’n driemaande-grondslag (April, Mei en Junie) het verkope met 3,3% gestyg vergeleke met dieselfde tyd die vorige jaar.

Minder ongesekureerde krediet word toegestaan en dít, tesame met die hoë inflasiekoers (dis tans 5,9%), “ondergrawe werklike lone”, sê Elna Moolman van Macquarie.

“Weens China se verlangsaming en die verlies aan plaaslike momentum, is die kans op groei van minder as 2% vir die jaar nou betreklik hoog.”

Die Reserwebank het sy vooruitsig vir ekonomiese groei vir vanjaar in Julie verlaag tot 2% weens toenemende inflasiedruk, wat verbruikersbesteding inperk. Aangesien inflasie aan die bopunt van die teikenband van tussen 3% en 6% bly, het die sentrale bank besluit om die rentekoers op 5% te hou; die laagste vlak in meer as 30 jaar.

Die stadige groei in die wêreldekonomie bevorder ook nie juis plaaslike groei nie, maar dinge kan in die tweede kwartaal beter lyk, sê die adjunkpres van die Reserwebank, Daniel Mminele.

Die bruto binnelandse produk het in die eerste kwartaal met net 0,9% op ’n jaargrondslag gegroei, die stadigste sedert die 2009-resessie.

SSA sal die tweede kwartaal se groeisyfers op 27 Augustus uitreik.