Kaapstad Verander Area

Vandag


23°C / 13°C

Wind 36km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 46%

Saterdag


24°C / 16°C

Wind 37km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 54%

Sondag


25°C / 15°C

Wind 28km/h


Reënval 0.8mm


Humiditeit 58%

Maandag


20°C / 15°C

Wind 19km/h


Reënval 2.5mm


Humiditeit 81%

Dinsdag


23°C / 16°C

Wind 21km/h


Reënval 0.3mm


Humiditeit 68%

Woensdag


22°C / 15°C

Wind 36km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 57%

Nuusflitse
Miley Cyrus se rok skok Man ontnugter met droomvrou, wurg haar Rowers grawe tonnel om bank te beroof Vermeende verkragter gesoek MH370: Seuns dagvaar oor pa se “dood” Beroemde bokskryt glo gesteel Thuli Madonsela: Jy's nie bo die reg, JZ 13-jarige ontvoer: 'Toestande in ouerhuis nie noodwendig sleg' Steve Hofmeyr ken nie apartheid - Virginia Keppler Klimmer sterf op Nepal-berg Eerste renoster in Etosha gestroop Taxi-eienaar doodgeskiet in Jhb-middestad Werkloosheid hier om te bly Twee mans aangekeer ná skietvoorval Toeristemoord: Mianmar-verdagtes gaan weer getoets word Duitse toeris dood in Australiese park gekry Vodacom: Klante se besonderhede glo bekendgemaak Ebola: Verpleegster in VSA weier kwarantyn Vermeende ontvoerder van meisie (13) vandag in hof Nóg bewyse dat Ellen Tshabalala jok oor graad Gesteelde skape in vrou se slaapkamer gevind Fransman sterf ná 56 sopies 14 dood, 300 vermis ná grondstorting in Sri Lanka ​Kommer oor TB en diabetes-epidemie Kiwi's gaan stem oor nuwe vlag ​Rusland bied hulp aan na vuurpyl-ontploffing ​VN aanvaar resolusie oor Kuba Hoogswanger Thandi Bocibo by hospitaal weggewys Vermiste Casandra Lottering (13) is gevind Die Leeu, die Jakkals en die Perske maak musiek Wilde sampioene maak gesin siek Ebola: Switsers sê ja vir eksperimentele entstof Sanger Bobby beroof Kroonprinses Masako hou eerste banket in 11 jaar Kambodja: Broers sterf in handgranaatontploffing Tienerseun vas wat kleuter glo verkrag, vermoor Chinese toeriste in Durban-ongeluk beseer Oscar Pistorius: 4 gronde vir appèl Wes-Kaap: Alan Winde wil grondhervorming aanpak Senzo Meyiwa: Gemeenskap moet die polisie help
Sake

Lonmin erken Amcu op vooraand van Marikana-herdenking

Deur sapa Woensdag 14 Augustus 2013 4:40 nm.

Lonmin en Amcu het Woensdag ’n bindende ooreenkoms onderteken wat die vakbond se status as meerderheidsvakbond by die platinumgroep erken.

Ben Magara, uitvoerende hoof van Lonmin, het die ooreenkoms as “uitstekende nuus vir Lonmin, ons werknemers en al ons belanghebbendes” beskryf.

Joseph Mathunjwa, Amcu-president, het klem gelê op samewerking, waarsonder albei partye “verloorders” sou wees. “As leiers moet ons ’n manier vind om in vrede en stabiliteit vorentoe te beweeg.”

Hy het Amcu-lede vir hul geduld bedank. Die proses het geruime tyd geduur.

Albei het gesê dit was belangrik dat die ooreenkoms onderteken word op die vooraand van die herdenking van die Marikana-slagting. Altesame 34 mense is op 16 Augustus 2012 naby Lonmin se Marikana-myn in Rustenburg dood toe die polisie op stakende mynwerkers losgebrand het. Die Farlam-kommissie ondersoek nog dié voorval.

Nóg minstens tien mense, onder hulle twee polisielede en twee veiligheidswagte, is in stakingsverwante geweld in voorafgaande week dood.

Werkers het ’n seremonie vir Vrydag beplan om die gebeure te gedenk, maar daar is ooreengekom dat dit sal tel as ’n onbetaalde werkdag.

Magara het dit as ’n “gesamentlike opoffering” bestempel – die maatskappy boet produksie in en die werkers hul loon. “Vir albei is dit die opoffering werd.”

* Net die afgelope week is ’n verteenwoordiger van die National Union of Mineworkers, Amcu se opponerende vakbond, by ’n Marikana-mynskag doodgeskiet.