05 Augustus 01:55
13°C / 16°C

Kaapstad Verander Area

Vandag


16°C / 13°C

Wind 10km/h


Reënval 0mm


Humiditeit 66%

Donderdag


19°C / 12°C

Wind 6km/h


Reënval 0mm


Humiditeit 52%

Vrydag


19°C / 13°C

Wind 12km/h


Reënval 0mm


Humiditeit 57%

Saterdag


16°C / 11°C

Wind 10km/h


Reënval 0mm


Humiditeit 64%

Sondag


16°C / 12°C

Wind 37km/h


Reënval 0mm


Humiditeit 70%

Maandag


12°C / 10°C

Wind 28km/h


Reënval 0mm


Humiditeit 63%

Sake

MTN se wins styg 22%

Deur bloomberg Woensdag 14 Augustus 2013 09:36
MTN, Afrika se grootste selfoongroep, se tussentydse wins het met 22% geklim, danksy sterk groei in sy intekenare. Sy resultate was beter as wat die mark verwag het.
Die groep se wesensverdienste per aandeel was R6,54 vir die ses maande tot Junie, vergeleke met R5,36 ‘n jaar tevore. Ontleders se mediaan-verwagting was R6,49.
MTN se verkope het met 9,8% geklim tot R65,2 miljard.
In 'n verklaring sê MTN hy verwag die Suid-Afrikaanse handelsomgewing sal taai bly, maar hy sal fokus op groter doeltreffendheid.
Die groep se getal intekenare het met 6,5% toegeneem tot 201,5 miljoen en hy verwag om vanjaar nog 21,1 miljoen intekenare te werf.
MTN beplan om 'n dividend van R3,70 per aandeel te betaal.
Die selfoonreus ondersoek tans moontlikhede om verder in Afrika uit te brei soos sy groei in Suid-Afrika afkoel. Na berig word, wil hy ook in Madagaskar uitbrei.
MTN het verlede maand aangekondig dat sy finansiële hoof, Nazir Patel, bedank het te midde van 'n “interne ondersoek”.
Sy aandeelprys het tot dusver vanjaar met 10% geklim, vergeleke met Vodacom se afname van 1,3%.
MTN se aandeelprys was teen 09:20 op Woensdag 56c laer by R195,40.