31 Augustus 10:49
14°C / 15°C

Kaapstad Verander Area

Vandag


15°C / 14°C

Wind 41km/h


Reënval 11mm


Humiditeit 89%

Dinsdag


16°C / 13°C

Wind 36km/h


Reënval 0mm


Humiditeit 73%

Woensdag


17°C / 12°C

Wind 20km/h


Reënval 0mm


Humiditeit 70%

Donderdag


19°C / 12°C

Wind 19km/h


Reënval 0mm


Humiditeit 64%

Vrydag


19°C / 13°C

Wind 12km/h


Reënval 0mm


Humiditeit 61%

Saterdag


22°C / 14°C

Wind 16km/h


Reënval 0mm


Humiditeit 51%

Sake

Pakistanse sakelui koop 1time Holdings

Woensdag 14 Augustus 2013 12:26

’n Groep Pakistanse beleggers wat in Suid-Afrika woon, het aandeelhouers van 1time Holdings R15 miljoen aangebied vir die genoteerde maatskappy, berig Business Day.

Die groep wil die lugdiens laat herleef en ’n intrastreekdiens  instel met Harare as middelpunt.

Pak Africa Aviation het sy sakeplan aan die JSE bekend gestel en “in beginsel” die goedkeuring en ondersteuning van die 1time-direksie en 60% van die aandeelhouers bekom.

Die beleggers het reeds kleinhandel- en finansiële dienste asook vervaardigingsondernemings in verskeie Afrika-lande gevestig. Hul hoofkantoor is in Sandton, Johannesburg.

Pak Africa wou aanvanklik wat van 1time oorgebly het, koop, maar aangesien die lugdiens se skuld meer as R450 miljoen beloop en hy slegs twee ou vliegtuie besit het, is van die plan afgesien.