07 Julie 06:37
14°C / 19°C

Kaapstad Verander Area

Vandag


19°C / 14°C

Wind 22km/h


Reënval 0mm


Humiditeit 71%

Woensdag


15°C / 13°C

Wind 14km/h


Reënval 0mm


Humiditeit 86%

Donderdag


16°C / 12°C

Wind 12km/h


Reënval 0mm


Humiditeit 81%

Vrydag


17°C / 13°C

Wind 7km/h


Reënval 0mm


Humiditeit 78%

Saterdag


15°C / 13°C

Wind 30km/h


Reënval 12mm


Humiditeit 89%

Sondag


14°C / 10°C

Wind 31km/h


Reënval 13mm


Humiditeit 75%

Sake

WeChat plaas 'n demper op Tencent se wins

Woensdag 14 Augustus 2013 12:46

Tencent se wins is in die tweede kwartaal geknou deur die bemarkingskoste van die boodskaptoepassing WeChat.

Tencent, China se grootste internetmaatskappy wat inkomste betref, het in die tweede kwartaal minder wins gemaak as wat ontleders verwag het. Hy het nietemin 3,7 miljard yuan (sowat $604 miljoen) wins gemaak, vergeleke met 3,1 miljard yuan in die ooreenstemmende tyd verlede jaar.

In ’n peiling deur Thomson Reuters het ontleders ’n wins van gemiddeld 4,14 miljard yuan voorspel.

Die bemarkingskoste van WeChat het gestyg tot 9% van die inkomste teenoor 6% verlede jaar. Intussen wen WeChat veld en gaan die maatskappy voort om geld daaruit te probeer verdien deur onder meer speletjies, emotikons en plakkers te verkoop.

Die aandeelprys van Tencent ( waarvan die Suid-Afrikaanse mediagroep Naspers 30% besit) het tot dusver vanjaar met 48% geklim, en die beste op die Hangseng-indeks in Hongkong gevaar.

* Sake is in die Naspers-stal.