Kaapstad Verander Area

Vandag


25°C / 16°C

Wind 33km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 50%

Sondag


26°C / 16°C

Wind 28km/h


Reënval 0.1mm


Humiditeit 58%

Maandag


20°C / 16°C

Wind 30km/h


Reënval 40.8mm


Humiditeit 86%

Dinsdag


22°C / 15°C

Wind 18km/h


Reënval 0.4mm


Humiditeit 68%

Woensdag


23°C / 16°C

Wind 31km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 68%

Donderdag


25°C / 16°C

Wind 36km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 61%

Nuusflitse
Twee sterf in Potch-ongeluk Student verongeluk op pad na verloofde 4 werkers sterf toe brug ineenstort Man val laerskoolkinders met mes aan 4 mense dood en 14 beseer in ongelukke op Van Reenenspas Sataniste soek swart katte in Hongarye Man dood in Tafelberg-tragedie Zambiër vas oor hy in lug skiet ná president se dood ‘Hongarye sit internetbelasting eers op ys’ Miley Cyrus se rok skok Man ontnugter met droomvrou, wurg haar Rowers grawe tonnel om bank te beroof Vermeende verkragter gesoek MH370: Seuns dagvaar oor pa se “dood” Beroemde bokskryt glo gesteel Thuli Madonsela: Jy's nie bo die reg, JZ 13-jarige ontvoer: 'Toestande in ouerhuis nie noodwendig sleg' Steve Hofmeyr ken nie apartheid - Virginia Keppler Klimmer sterf op Nepal-berg Eerste renoster in Etosha gestroop Taxi-eienaar doodgeskiet in Jhb-middestad Werkloosheid hier om te bly Twee mans aangekeer ná skietvoorval Toeristemoord: Mianmar-verdagtes gaan weer getoets word Duitse toeris dood in Australiese park gekry Vodacom: Klante se besonderhede glo bekendgemaak Ebola: Verpleegster in VSA weier kwarantyn Vermeende ontvoerder van meisie (13) vandag in hof Nóg bewyse dat Ellen Tshabalala jok oor graad Gesteelde skape in vrou se slaapkamer gevind Fransman sterf ná 56 sopies 14 dood, 300 vermis ná grondstorting in Sri Lanka ​Kommer oor TB en diabetes-epidemie Kiwi's gaan stem oor nuwe vlag ​Rusland bied hulp aan na vuurpyl-ontploffing ​VN aanvaar resolusie oor Kuba Hoogswanger Thandi Bocibo by hospitaal weggewys Vermiste Casandra Lottering (13) is gevind
Sake

Marikana: NUM proe eie medisyne

Deur Jan de Lange, Arbeidsiening Donderdag 15 Augustus 2013 10:27 nm.

Die mense van die Nkaneng-plakkerskamp en die Wonderkop-hostel digby die koppie waar 35 mynwerkers vandag presies ’n jaar gelede deur polisiemanne neergevel is, het goeie nuus baie, baie nodig gehad.

Die ondertekening van die erkenningsooreenkoms eergister tussen Amcu en Lonmin is beslis goeie nuus, al is Amcu nou die enigste vakbond met organisasie- en bedingingsregte in Lonmin.

Dit is egter die eerste tasbare teken van hoop en die eerste teken dat iets aan hul omstandighede gaan verander in die jaar wat verloop het.

Dis al wat Lonmin se 28 000 werkers die afgelope jaar gekry het en waaroor hulle tevrede kan voel wanneer hulle vanmiddag eenuur begin aantree vir ’n gedenkdiens om gestorwenes te eer te midde van ’n lang ry aandagsoekers en ander Malemas wat hulle kom toespreek.

Daarna, omstreeks vieruur – die tyd toe die skietery begin het – gaan hulle opstaan en ’n minuut lank stil wees om terug te dink aan daardie dag.

Die ooreenkoms is beslis nie volmaak nie en talle mense, veral lede van die National Union of Mineworkers (NUM), Solidariteit en Uasa, is ongelukkig. Hulle verloor immers daarmee die vakbondregte wat hulle dekades lank by Lonmin geniet het.

Maar dis uiters belangrik dat die roudiens vandag sonder onaangenaamheid verloop. En dat die breuk herstel word wat vandag ’n jaar gelede op die bloedbad op die koppie en die plaat rotse daaragter uitgeloop het.

Die afgelope sewe of agt maande was Lonmin in ’n dispuut met Amcu gewikkel oor die erkenningsooreenkoms. Dis nie dat Lonmin geweier het om Amcu te erken nie, maar hy wou juis nie toelaat dat Solidariteit en Uasa die reg verloor om hul lede in die tegniese en ander witboordjie-poste te verteenwoordig nie.

Die Wet op Arbeidsverhoudinge bepaal dat die meerderheidsvakbond in ’n werkplek die reg het om die drempels te bepaal waarkragtens die ander, kleiner vakbonde vakbondregte mag kry.

Die meerderheidsvakbond moet dit ooreenkom met die werkgewer, maar kan die reg om te staak gebruik om ’n ooreenkoms op te dwing nadat die dispuutprosedure in die wet gevolg is om ’n staking eers te probeer voorkom.

Daardie dispuutprosedure was al in Februarie afgehandel en Amcu kon sedertdien enige tyd ’n ten volle beskermde staking oor die erkenningsooreenkoms uitroep. Dat hy dit nie gedoen het nie, is nogal veelseggend, onder meer vir Amcu se vermoë om leiding te gee aan Lonmin se werkers en vir die beeld wat hy die afgelope jaar gekry het as ’n vakbond wat onverantwoordelike stakings aanblaas.

’n Mens moet in gedagte hou dat verskeie plaaslike leiers van Amcu die afgelope maande in sluipmoorde omgekom het.

Maar Amcu was onverbiddelik daaroor dat daar ’n hoë drempel gestel word vir minderheidsvakbonde om vakbondregte te geniet. Met goeie rede – Amcu is nie bekommerd oor Solidariteit en Uasa nie, maar voer ’n ledestryd teen die NUM – ’n gedugte vyand wat dieselfde meerderheidsbeginsel in die wet al vir meer as ’n dekade lank teen hom gebruik het.

Dié keer gaan die NUM sy eie medisyne proe.

Die laagste drempel in die erkenningsooreenkoms – 30% vir basiese organiseringsregte – is te hoog vir selfs die NUM om toegang by Lonmin te kry.

Solidariteit en Uasa verteenwoordig elk maar tussen 3% en 4% van Lonmin se werkmag. Die kans is eintlik nul dat hulle weer ’n sitplek aan die onderhandelingstafel gaan kry.

Die NUM het gister gesê hy gaan nie vandag die verrigtinge by Marikana bywoon nie. Dis glo omdat die Marikana-ondersteunerskomitee wat die reëlings tref, net opposisiepartye soontoe genooi het.

Die werklikheid is dat die komitee darem van die ministers wou nooi, maar dat werkers en die mense van Marikana glo daarop aangedring het dat niemand van die ANC of die regering die roudiens bywoon nie.

“Ons wou darem kabinetslede nooi, maar die mense en die mynwerkers wou niks daarvan weet nie,” sê Jimmy Gama, tesourier van Amcu.

Veral Solidariteit en Uasa, wat eintlik maar ooggetuies en onskuldige omstanders was in die gebeure by die Marikana-slagting, het rede om bitter te voel.

“Lonmin het ons male sonder tal belowe dat dit nie sal gebeur nie. Hy het gesê hy sal selfs ’n staking deur Amcu verduur om ons erkenning te behou,” sê Gideon du Plessis, hoofsekretaris van Solidariteit.

Die waarheid is dat die regering en die ANC allesbehalwe onpartydig was. Die mense van Nkaneng en Wonderkop vertrou hulle glad nie en dit gaan lank duur voordat dit verander.

Gewild op Sake24.com :