Kaapstad Verander Area

Vandag


22°C / 15°C

Wind 19km/h


Reënval 7.8mm


Humiditeit 70%

Vrydag


23°C / 16°C

Wind 27km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 64%

Saterdag


26°C / 16°C

Wind 22km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 53%

Sondag


26°C / 16°C

Wind 18km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 64%

Maandag


24°C / 16°C

Wind 33km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 61%

Dinsdag


24°C / 16°C

Wind 39km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 53%

Nuusflitse
Nog swaar reën vir Gauteng voorspel Burgermeestersdrama in Mokopane: SAPD ontplooi Kapenaar moor glo gewese vrou in Nieu-Seeland Wladimir Poetin se bankier deur interpol gesoek Dominee spontaan toegejuig toe kerk se ligte aangaan Grapjas se optrede het Steve Hofmeyr diep seergemaak Jacob Zuma se mond gesnoer toe hy oor ANC wou praat China: 26 sterf in brand by steenkoolmyn IS ‘mees brutale bedreiging nog’ – Angela Merkel Steve Hofmeyr: Konsert glo R5 miljoen kwyt Man urineer in vliegtuig se gang Grypdief laat spaander met handsak, R5 000 Opgekapte lyk in Kampsbaai gevind Gedwonge verhuising staar advokate in die gesig Man ontevrede oor vroue-universiteite Seun kan nie matriek voltooi weens aanranding Boksombende help vir Blikkies met heupvervangings 'Eenhoring' kry groot belangstelling Munisipale Eskom-skuld buite beheer Eerste Italianer met Ebola ‘is stabiel’ Vermeende kaper geskiet, gewond Bomaanvalle in Nigerië eis minstens 45 Woonstelgebou stort ineen - 10 dood Pta-man skiet homself EFF-tugverslag dalk oorweeg Polisieman vas wat bewysstukke in barrakke bêre Kiesers begin stem in die Himalayas Hof bevind man is dalk ná dekades in tronk onskuldig Ferguson: Geweldpleging ná jurie besluit om polisieman nie te vervolg Don Steenkamp word weg van ander jeugdiges aangehou Julius Malema en wag in onderonsie Drie soldate in Kiëf doodgeskiet Bejaarde man vas ná hy tik smokkel Vier vas wat veiligheidsbeamptes beroof Anti-Israel groepe wil meer SA winkels boikot Sterker rand gaan petrolprys laat daal Staat se saak berus op sameswering - Dewani-advokaat O, wee ...hier kom die reën alweer Grusame vrouemoord: Bankier kan verrigtinge volg Pta-meisie hang haarself Bom by vlugbaltoernooi eis 45 Ouers verloor twee seuns in minder as 'n maand Foutiewe kragopwekker lei glo tot baba se dood Limpopo: OG het in April gewaarsku oor skolekos
Sake

NUM boikot herdenking van Marikana-slagting

Deur sapa Donderdag 15 Augustus 2013 4:44 nm.

Die National Union of Mineworkers (NUM) gaan Vrydag die Marikana-herdenkings boikot omdat dit “gekaap” is deur die “sogenaamde Marikana-ondersteuningsgroep”.

Daar was vroeër “konsensus” tussen die vakbonde NUM, Amcu, Solidariteit en Uasa, asook mynmaatskappye, dat adj.pres. Kgalema Motlanthe die herdenking sou organiseer, het Lesiba Seshoka, NUM-woordvoerder, Donderdagmiddag in ’n verklaring gesê.

“Die organisering van dié herdenkings is sedertdien gekaap deur die sogenaamde Marikana-ondersteuningsgroep en die program is slegs met opposisiepartye gevul.”

Die herdenking van die dood van 44 mense in gewelddadige stakings verlede jaar by Lonmin se Marikana-myn word Vrydagmiddag gehou. Onder die slagoffers was 34 mynwerkers wat op 16 Augustus 2012 dood is toe die polisie op hulle losgebrand het, 'n voorval wat nog deur die Farlam-kommissie ondersoek word. In die voorafgaande week is nog tien mense, onder meer twee polisielede en twee veiligheidswagte, vermoor.

Seshoka sê die goeie bedoelinge van Joseph Mathunjwa, Amcu-president, is “verduister” deur wat hy as die “eensydige kaping” van die herdenking beskryf.

Die NUM het aanvanklik die uitnodiging verwelkom wat Mathunjwa aan Senzeni Zokwana, NUM-president, gerig het, naamlik dat die twee vakbondpresidente die verhoog deel.

Intussen het Lonmin en Amcu Dinsdag ’n erkenningsooreenkoms onderteken wat van Amcu die enigste erkende vakbond maak.

Die Marikana-geweld is aangeblaas deur die twis tussen die twee vakbonde. Die NUM was vroeër die meerderheidsvakbond.

Seshoka het gesê die NUM sal nie sy eie herdenkings organiseer nie aangesien dit moonlik spanning sal aanblaas.

Op Dinsdag se perskonferensie was dit duidelik dat werkers Amcu, die Suid-Afrikaanse Raad van Kerke en die Marikana-ondersteuningsgroep gevra het om die geleentheid te organiseer.