04 September 03:32
14°C / 18°C

Kaapstad Verander Area

Vandag


18°C / 14°C

Wind 11km/h


Reënval 0mm


Humiditeit 66%

Saterdag


19°C / 14°C

Wind 7km/h


Reënval 0mm


Humiditeit 65%

Sondag


22°C / 15°C

Wind 32km/h


Reënval 0mm


Humiditeit 61%

Maandag


15°C / 13°C

Wind 23km/h


Reënval 5mm


Humiditeit 83%

Dinsdag


15°C / 12°C

Wind 17km/h


Reënval 0mm


Humiditeit 73%

Woensdag


14°C / 11°C

Wind 24km/h


Reënval 2mm


Humiditeit 84%

Sake

Rand verswak weer tot R10/$

Deur reuters Donderdag 15 Augustus 2013 15:38

Die aantal nuwe aansoeke om werkloosheidsvoordele in Amerika het verlede week tot die laagste vlak in ses jaar gedaal.

Dit kan daarop dui dat dié land se ekonomie vinniger begin werk skep.

Die seisoensaangepaste aantal aansoeke om werkloosheidsvoordele was 320 000, die laagste sedert Oktober 2007. Ook die bewegende gemiddele oor vier weke was die laagste sedert November 2007.

Die Federale Reserweraad (Fed) hou die werkloosheidskoers fyn dop as ’n aanduiding van ekonomiese herstel. Kwantitatiewe verruiming sal waarskynlik afgeskaal word sodra werkskepping versnel.

Aan die ander kant het die Amerikaanse inflasiekoers in Julie tot 0,2% gedaal, vergeleke met 0,5% in Junie. ’n Te lae inflasiekoers kan ekonomiese herstel skade berokken.

Die Fed pomp tans $85 miljard in die mark deur sy aankope van effekte, waardeur rentekoerse laag gehou word.

Indien dié program afgeskaal word, sal ontluikende markte soos Suid-Afrika die pyn voel omdat geld uit dié effektemarkte onttrek kan word.

Die opbrengskoerse op Suid-Afrikaanse staatseffekte het tot die hoogste vlak in 14 maande gestyg. Die koers op die 2026-effekte het teen 16:00 met 0,11 persentasiepunt tot 8,38% gestyg, die hoogste sedert Junie 2012.

Altesame 17 uit 24 ontluikende geldeenhede het teen die dollar verswak.

Die rand het teen 16:00 tot R10 per dollar verswak.