Kaapstad Verander Area

Vandag


25°C / 16°C

Wind 19km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 61%

Woensdag


25°C / 16°C

Wind 12km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 69%

Donderdag


22°C / 15°C

Wind 34km/h


Reënval 0.1mm


Humiditeit 67%

Vrydag


25°C / 16°C

Wind 34km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 53%

Saterdag


24°C / 14°C

Wind 36km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 54%

Sondag


27°C / 16°C

Wind 24km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 46%

Sake

Ryanair-vlieënier kry trekpas ná TV-program

Deur bloomberg Donderdag 15 Augustus 2013 1:27 nm.

Die Ierse lugdiens Ryanair het een van sy vlieëniers, kapt. John Goss, afgedank en beplan om regstappe te doen nadat Goss op ’n Britse televisieprogram verskyn het wat die lugdiens se veiligheid bevraagteken het.

“Ons sal nie toelaat dat ’n Ryanair- werknemer op nasionale televisie ons naam swartsmeer nie,” het die lugdiens in ’n verklaring gesê. Goss het skriftelik op 10 Julie en 13 Augustus verklaar dat hy nie bekommerd is oor die lugdiens se veiligheid nie.

Vlieëniers is egter versigtig om kommer te wek en word aangeraai om so min moontlik brandstof te vervoer, luidens Channel 4 se program Dispatches. Die program het ’n peiling onder die Ryanair-vlieëniersgroep, wat sowat die helfte van die lugdiens se vlieëniers verteenwoordig, gedoen.

Die brandstofkwessie is geopper nadat drie vliegtuie verlede jaar noodoproepe gedoen het voordat hulle in Valencia, Spanje, geland het. Die Ierse burgerlugvaartowerheid sê egter hulle het veilig geland en aan Europese regulasies voldoen.

Goss was een van vyf vlieëniers wat in Junie verkies is tot die tussentydse raad van die vlieëniersgroep. Die groep sê hy sal regsadvies inwin voordat hy ’n verklaring uitreik.

Michael O’Leary, uitvoerende hoof van Ryanair, sê die lugdiens moedig nie bemanningslede aan om met die minimum brandstof te vlieg nie en die meeste vliegtuie het meer as die vereiste hoeveelheid brandstof. Brandstofnoodgevalle word verklaar wanneer die vlieënier die verpligte 30-minute-reserwe nader.