Kaapstad Verander Area

Vandag


31°C / 18°C

Wind 34km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 44%

Maandag


34°C / 20°C

Wind 20km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 27%

Dinsdag


35°C / 18°C

Wind 21km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 38%

Woensdag


24°C / 16°C

Wind 28km/h


Reënval 0.8mm


Humiditeit 68%

Donderdag


25°C / 15°C

Wind 33km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 46%

Vrydag


28°C / 16°C

Wind 34km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 51%

Sake

Implats se wins halveer

Vrydag 16 Augustus 2013 14:26
Impala Platinum het Vrydag gesê dat sy voljaarwins na verwagting gehalveer het. 
Die groep is gedwing om die waarde van sommige van sy bates af te skryf en daarby het ’n swak vertoning by sy Rustenburg-myn sy resultate getref.
Implats, die wêreld se naasgrootste platinumprodusent, het in ’n handelsverklaring gesê sy wesensverdienste gaan na verwagting tussen 308c en 343c per aandeel wees, vergeleke met 685c ’n jaar tevore.
Die groep het R2,3 miljard in die boekjaar afgeskryf, insluitende ’n afskrywing van R1 miljard in die waarde van African Platinum, wat in 2007 gekoop is.
Implats se Rustenburg-myn is verlede jaar sleg deur ’n staking getref.
Sy resultate word op 29 Augustus verwag.
Implats se aandeelprys was teen 13:40 meer as 6% sterker op R112,83. Anglo American Platinum se aandeelprys was 5% sterker op R397,35.