Kaapstad Verander Area

Vandag


26°C / 15°C

Wind 32km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 46%

Vrydag


28°C / 17°C

Wind 30km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 46%

Saterdag


25°C / 16°C

Wind 28km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 58%

Sondag


28°C / 14°C

Wind 34km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 50%

Maandag


31°C / 18°C

Wind 15km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 39%

Dinsdag


25°C / 16°C

Wind 27km/h


Reënval 0.1mm


Humiditeit 53%

Sake

Medestigter van Zara-klerewinkel sterf

Deur sapa-ap Vrydag 16 Augustus 2013 16:59

Rosalia Mera (69), medestigter van die klerewinkel Zara, is dood.

Mera, die rykste vrou in Spanje, het haar sakeryk as ’n kleremaker begin. Sy en haar man, Armancio Ortega, het Zara in 1975 in die noordweste van Spanje oopgemaak. Vandag is dit een van die grootste klerekleinhandelaars ter wêreld, met 1 763 winkels wêreldwyd.

Inditex, die beheermaatskappy van Zara, het haar dood bevestig, maar geen besonderhede gegee nie.

Die Spaanse media het egter vroeër berig dat sy ’n beroerteaanval gehad het terwyl sy op die eiland Menorca vakansie gehou het. Sy is Donderdagnag in ’n hospitaal in La Coruna, haar geboortestad, dood.

Mera het ’n belang van 6,99% in Inditex gehou en Forbes raam haar fortuin op $6,1 miljard. Sy was die 195ste rykste mens ter wêreld.

Ortega is die derde rykste mens ter wêreld, volgens Forbes.