Kaapstad Verander Area

Vandag


25°C / 16°C

Wind 12km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 68%

Donderdag


23°C / 15°C

Wind 32km/h


Reënval 0.1mm


Humiditeit 68%

Vrydag


25°C / 16°C

Wind 33km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 55%

Saterdag


26°C / 16°C

Wind 36km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 57%

Sondag


26°C / 17°C

Wind 26km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 60%

Maandag


23°C / 15°C

Wind 40km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 64%

Sake

Nederland se verknorsing ál hoe erger

Deur bloomberg Vrydag 16 Augustus 2013 2:16 nm.
Amsterdam – Nederland, altyd ’n uitgesproke voorstander van fiskale besuiniging as ‘n oplossing vir Europa se ekonomiese probleme, se eie ekonomiese verknorsing raak ál hoe erger.
Beleidsmakers in Griekeland en Spanje mag dalk ‘n oomblik van Schadenfreude geniet nadat amptelik syfers toon dat Nederland steeds in ‘n resessie gedompel is.
En dinge gaan nie gou verbeter nie. Die ekonomie gaan na verwagting volgende jaar selfs swakker lyk, en daarby is die Nederlandse begrotingstekort aan die toeneem. Die tekort as persentasie van die bruto binnelandse produk het pas van 3,7% tot 3,9% toegeneem, vergeleke met die eurogebied se mikpunt van 3%. 
Die land se ekonomie was die afgelope kwartaal 1,8% kleiner as ‘n jaar tevore.
Sowat 25 maatskappye word per dag bankrot verklaar – die hoogste vlak sedert 1981.
Werkloosheid was in Julie op ‘n rekordvlak van 8,7%. Dit is steeds baie beter as in plekke soos Spanje, maar die Nederlanders is ook baie gespanne oor tuimelende huispryse.
“Baie mense het vasgeval omdat hulle nie hul huise kan verkoop nie en hul verbande is baie groter as die waarde van hul eiendom,” sê Dimity Fleming, ‘n ekonoom van die beleggingsbank ING.
“Dit is nie meer ‘n Europese probleem nie, maar mens moet eerder daaraan dink as mislukte Nederlandse beleidsmaatreëls,” meen Arnold Merkies, ‘n lid van die opposie in die parlement, die Sosialistiese Party, oor die ekonomie. “Werkloosheid daal elders, maar hier styg dit steeds.”
Die pro-sakesektor regering van die eerste minister, Mark Rutte, hou streng by besuinigingsplanne wat na verwagting enige kans op groei in 2014 uit die weg sal ruim.
In die afgelope vier jaar was die Nederlandse ekonomie drie keer in ‘n resessie gedompel. Die ekonomie daar het sedert 2009 met slegs 1% gegroei, vergeleke met 4% tot 8% in Duitsland, Frankryk, België en Oostenryk.
‘n Onlangse peiling toon dat 8 uit 10 Nederlanders pessimisties oor die toekoms is.
Sowat 10% van die bevolking is tans in armoede gedompel, volgens ‘n Katolieke hulp-organisasie.