27 Mei 07:34
14°C / 18°C

Kaapstad Verander Area

Vandag


18°C / 14°C

Wind 22km/h


Reënval 0mm


Humiditeit 78%

Donderdag


17°C / 14°C

Wind 25km/h


Reënval 0mm


Humiditeit 80%

Vrydag


16°C / 14°C

Wind 40km/h


Reënval 4mm


Humiditeit 90%

Saterdag


16°C / 15°C

Wind 17km/h


Reënval 4mm


Humiditeit 79%

Sondag


15°C / 12°C

Wind 33km/h


Reënval 0mm


Humiditeit 78%

Maandag


17°C / 13°C

Wind 46km/h


Reënval 1mm


Humiditeit 70%

Sake

SA gaan 3 000 motors per dag verloor weens staking

Deur bloomberg , sake24 Vrydag 16 Augustus 2013 12:59

Mercedes gaan ook deur die staking getref word.

Die staking in die motorbedryf, wat Maandag begin, gaan sowat 3 000 voertuie per dag aan verlore produksie kos, sê Nico Vermeulen, direkteur van die Vereniging van Voertuigvervaardigers van Suider-Afrika (Naamsa).
Hy verwag dat die staking tot tien dae lank kan duur.
Die motorbedryf bied ‘n loonverhoging van 8% aan, maar die National Union of Metalworkers of South Africa (Numsa) eis meer as 10%, volgens Vermeulen.
Die staking gaan Mercedes, Volkswagen, Ford, General Motors, Nissan en Toyota tref, asook die vervaardigers van motoronderdele.
Meer as 2 000 werkers by BMW se fabriek in Rosslyn buite Pretoria staak reeds sedert verlede Donderdag.
Volgens Guy Kilfoil, woordvoerder van BMW Suid-Afrika, het die staking reeds die vervaardiging van 1 700 van die 3-reeks-sedans gekos. Van dié motors was vir Amerika, Kanada, Japan en Australië bestem.
Al dié motors moet nou toegeken word aan ander aanlegte in die wêreld en dis baie nadelig vir Suid-Afrika se kliëntediens-reputasie, sê Kilfoil.
Die motorvervaardigingsbedryf kan nie bekostig om die soort verhogings toe te staan wat verlede jaar in die mynbousektor toegestaan is nie, waarsku dr. Thabi Leoka, hoof van makro-ekonomiese navorsing van Standard Bank.
Sy sê die sakesektor hou die uitslag van die loononderhandelinge met kommer dop.
“Dit lyk asof die hoë looneise en hoë vlakke van onrus wat in die mynbousektor voorkom, dalk kan oorspoel na die vervaardigingsektor.”