Kaapstad Verander Area

Vandag


24°C / 15°C

Wind 37km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 62%

Saterdag


25°C / 15°C

Wind 36km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 53%

Sondag


28°C / 17°C

Wind 24km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 46%

Maandag


25°C / 16°C

Wind 28km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 63%

Dinsdag


25°C / 16°C

Wind 33km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 62%

Woensdag


22°C / 16°C

Wind 27km/h


Reënval 0.2mm


Humiditeit 77%

Nuusflitse
Twee vas ná Kagiso-rooftog Busongeluk in Nepal eis 14 Wapendepot van IS in Irak vernietig Polisie in New York met 'n byl aangeval Dokter vas nadat vrou op operasietafel sterf Ebola laat gesondheidswerker na Ivoorkus vlug Gasontploffing in Pole eis drie gesinslede Ebola: Japan se Clever-maatskappy skenk ‘slim’ gesigsmaskers Indië beskerm vlermuise teen vuurwerk Plaasaanval: Seun hardloop 3 km om hulp te soek Derek Swemmer verlaat Kovsies Kernkrag: SA en Rusland ontmoet in Drakensberge ‘Fotobom bom Collins-woordeboek’ Japanse staatslui gebruik departementsgeld in seksklub Rowers blaas kitsbank op, vlug met geld Vry word op Zimbabwe-kampus verbied KZN: Vrou sterf in tref-en-trap-ongeluk Oscar: Belastingbetalers gaan opdok OB benodig R64 miljoen Gat in staat se sak kan tot hoër belasting lei Senzo Mchunu se vrou moet uit pos bedank - IVP Snik, gemmerkoekies word geslagloos Indonesië onderskep Australiese vliegtuig Duitsland stuur tieners terug wat glo by IS wou aan sluit KZN-mans lank tronk toe vir verkragting Kerkramp: Suid-Afrikaners se lyke steeds nie terug nie Heyns-moordsaak: Broer gaan dalk teen broer getuig SOE: Wil nie Nkandla-eis instel teen Jacob Zuma Oscar Pistorius: Eerste dag in die tronk Bloemfonteiners is ongesond, Kapenaars gesond Joodse mans ontevrede oor vroue-advertensies 5 jaar vir Pistorius Wraak-porno: Facebook moet IP-adresse verskaf Neusselle laat verlamde man wéér loop Oscar se beproewing sal nóóit verby wees nie - Aimée Bejaarde egpaar al vier keer beroof Oscar de la Renta sterf Weduwee onthul hoe PW nee sê vir staatshulp
Sake

Samsung se 'foon-horlosie' sal ook e-pos bied

Deur reuters Vrydag 16 Augustus 2013 1:28 nm.
Samsung gaan in September ’n nuwe horlosie-agtige toestel genaamd die Galaxy Gear bekend stel waarmee mens onder meer foonoproepe sal kan maak en toegang tot die internet en e-pos sal hê. 
Dit is volgens twee bronne wat kennis van die aangeleentheid het.
Die Galaxy Gear sal deur Google se Android-bedryfstelsel aangedryf word en sal vanjaar reeds te koop aangebied word om ’n potensiële produk van Apple wat daarmee kan meeding, voor te spring. 
Die toestel sal op 4 September bekend gestel word, twee dae voor die aanvang van die IFA-uitstalling van verbruikers-elektronika in Berlyn, Duitsland, het een van die bronne gesê wat anoniem wil bly omdat die planne glo nog nie algemeen bekend is nie.
Asië se grootste tegnogiemaatskappy is in ’n wedloop met ander vervaardigers, insluitende Sony, om’n nuwe bedryf daar te stel vir toestelle wat jy soos juweliersware kan dra soos wat die mark vir slimfone al hoe meer versadig raak. 
Die wêreldwye horlosiebedryf sal vanjaar meer as $60 miljard in verkope verdien en die eerste maatskappye wat veeldoelige toestelle op die mark kan plaas, kan gebruikers as’t ware in hul bedryfstelsels “inhok” en dit sal die verkope van hul slimfone, tablette en TV’s ondersteun.
Die Galaxy Gear sal nie met ’n buigbare vertoonskerm spog nie, hoewel die maatskappy hard aan die werk is aan die ontwikkeling van so ’n buigbare skerm, het een van die bronne gesê. Dit sal op dieselfde dag bekend gestel word as die Galaxy Note 3, ’n fablet (kombinasie tussen ’n slimfoon en’n tabletrekenaar).
Apple het self ’n span van 100 mense wat aan die ontwikkeling van ’n horlosie-agtige toestel werk. Die maatskappy van Cupertino, Kalifornië, beoog ook om sy toestel vanjaar reeds bekend te stel, het een van die bronne naby aan die aangeleentheid gesê.
Samsung het verlede jaar die wêreld se grootste slimfoonmaker geword en Apple sodoende verbygesteek. Samsung het sy vlagkip-toestel, die Galaxy S4-slimfoon, in April bekend gestel en stel ten minste twee ander hoëprofieltoestelle vir vanjaar in die vooruitsig. Dit sluit ’n toestel in wat van die maatskappy se nuwe Tizen-sagteware gebruik sal maak.
* Vir een van die kunstenaarsvoorstellings van hoe die Galaxy Gear dalk gaan lyk - gegewe dat dit nie 'n buigsame skerm gaan hê nie - klik hier: Samsung-foon binnekort bekend gestel