Kaapstad Verander Area

Vandag


25°C / 16°C

Wind 12km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 68%

Donderdag


23°C / 15°C

Wind 32km/h


Reënval 0.1mm


Humiditeit 68%

Vrydag


25°C / 16°C

Wind 33km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 55%

Saterdag


26°C / 16°C

Wind 36km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 57%

Sondag


26°C / 17°C

Wind 26km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 60%

Maandag


23°C / 15°C

Wind 40km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 64%

Sake

KLEREBEDRYF

Boetes kom vir eensydige loonverhogings

Ooreenkoms weer staking af

Deur Nellie Brand-Jonker Maandag 02 September 2013 9:33 nm.

Verteenwoordigers van die werkgewerverenigings. Van links is Ralph Roytowski, president van Amsa, Ernst Layson van die Transvaal klerevervaardigersvereniging (TCMA), Clint Townsend van die Oos-Kaap klerevervaardigersvereniging (EPCMA) asook Rajen Naicker, Lenny Naidoo en Herman Pillay, almal van die Coastal Clothing Manufacturers Association. Foto: NELLIE BRAND-JONKER

Kaapstad. – Hy sal nie toelaat dat wat in die mynbedryf plaasvind, in die klerebedryf gebeur nie, was die boodskap van die klerewerkersvakbond Sactwu gister aan werkgewers wat lone eensydig verhoog het.

Daardie werkgewers gaan deur die kollektiewe bedingingsraad vir die klerebedryf beboet word, sê André Kriel, hoofsekretaris van Sactwu.

Dit sal die eerste keer wees dat ’n bedingingsraad ’n boete hef. Dit is een van die voorwaardes wat gestel is in die skikkingsooreenkoms oor die loongeskil in die klerebedryf. Dis gemik op die werkgewers wat gedink het hulle is “slim” en “ordelike kollektiewe bedinging wou vermy”. Dit behels ’n ekstra 1% by die loonverhogings, sê Kriel.

’n Staking waaraan minstens 50 000 klerewerkers oor twee dae sou deelneem, is afgeweer toe die ooreenkoms op ’n spesiale sitting van die bedingingsraad onderteken is. Een van die ses werkgewersverenigings in die bedingingsraad, die South African Clothing Manufacturing Association (Sacma), het weer nie die ooreenkoms onderteken nie. Dit het geen uitwerking nie, want ’n meerderheidstem is op die vergadering verkry vir die ooreenkoms, sê Kriel. Sacma sal ook beboet word.

“Eensydige optrede kan nie in kollektiewe bedinging aangemoedig word nie. Ons het gesien watter chaos dit in ander sektore van die ekonomie veroorsaak.”

Die eensydige optrede is deur werkgewers wat stakings wil vermy. “Die probleem in die mynbedryf was dat werkgewers eensydig lone verhoog het wat verskil van dié waarop daar in kollektiewe bedinging ooreengekom is.”

Nic Nortje, arbeidsraadgewer van Sacma, sê die grootste bedreiging vir klerevervaardigers is werkgewers wat nie die minimum lone van die bedingingsraad betaal nie.

“Ons vereniging het ’n punt bereik waar ons nie die verhogings se koste kan aanvaar nie omdat dit ál moeiliker word om mee te ding terwyl niks gedoen word aan dié wat dit nie nakom nie.”

Sacma verteenwoordig 20 werkgewers wat van die grootstes in die sektor insluit en hulle het 5 000 werkers in diens.

Volgens Nortje is Sactwu die probleem omdat hy lede het by die fabrieke wat die wet nakom én fabrieke wat dit nié nakom nie.

“Sactwu sleep sy voete omdat dit effektiewelik sal beteken fabrieke waar hy lede het, sal gesluit moet word. Die vakbond het ’n dilemma en hy weet nie hoe om dit op te los nie.”