Kaapstad Verander Area

Vandag


25°C / 13°C

Wind 20km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 40%

Woensdag


23°C / 12°C

Wind 30km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 59%

Donderdag


26°C / 13°C

Wind 21km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 36%

Vrydag


29°C / 13°C

Wind 14km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 27%

Saterdag


23°C / 12°C

Wind 18km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 62%

Sondag


25°C / 12°C

Wind 28km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 54%

Sake

DA kan Eskom-kontrakte bekyk

Deur sapa Maandag 02 September 2013 14:24

Eskom het ingestem om die DA toegang te gee tot al sy ooreenkomste met kontrakteurs vir die Medupi-kragstasie.

“Die DA het bevestiging ontvang van Eskom dat hy besig is om die kontraktuele ooreenkomste met kontrakteurs by die Medupi-kragaanleg bymekaar te maak,” sê die DA-LP Natasha Michael.

Die DA het ’n aansoek ingedien ingevolge die Wet op Bevordering van Toegang tot Inligting (PAIA).

“Volgens Eskom is die kontrakteurs ingelig dat, in terme van afd. 47 van PAIA, hulle inligting of opgawes beskikbaar moet stel,” sê Michael.

“Die ooreenkomste tussen die kontrakteurs en Eskom moet fyn nagegaan word om te verseker dat die partye hul afsnydatums en mikpunte nakom en watter optrede geneem kan word teen die kontrakteurs indien hulle dit nié doen nie,” sê Michael.

Parlementslede het Medupi in Julie besoek. Daar het ’n subkontrakteur wat verbonde is aan Hitachi Power Africa die skuld gekry het vir die vertraging van die eerste fase van die projek.

Michael sê Hitachi-amptenare het aan die parlementslede vertel dat die subkontrakteur Eskom en Hitachi mislei het dat gehaltebeheertoetse reeds op stoomketels uitgevoer is.

Chancellor House, die ANC se beleggingsarm, het ’n belang van 25% in Hitachi.

Die eerste eenheid van Medupi was veronderstel om in Desember aanlyn te kom, maar dit is uitgestel met minstens ses maande.