Kaapstad Verander Area

Vandag


23°C / 15°C

Wind 32km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 69%

Vrydag


24°C / 15°C

Wind 36km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 60%

Saterdag


25°C / 14°C

Wind 38km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 52%

Sondag


27°C / 16°C

Wind 24km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 47%

Maandag


26°C / 16°C

Wind 28km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 55%

Dinsdag


23°C / 16°C

Wind 37km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 69%

Nuusflitse
Oscar: Belastingbetalers gaan opdok OB benodig R64 miljoen Gat in staat se sak kan tot hoër belasting lei Mthembu steeds in intensiewe sorg – ANC Man tronk toe wat stiefdogter verkrag Nene: Staat se gordel sal styf ingetrek word Man sterf toe hy van afleweringsvoertuig val Senzo Mchunu se vrou moet uit pos bedank - IVP Snik, gemmerkoekies word geslagloos Indonesië onderskep Australiese vliegtuig Duitsland stuur tieners terug wat glo by IS wou aan sluit KZN-mans lank tronk toe vir verkragting Kerkramp: Suid-Afrikaners se lyke steeds nie terug nie Heyns-moordsaak: Broer gaan dalk teen broer getuig SOE: Wil nie Nkandla-eis instel teen Jacob Zuma Oscar Pistorius: Eerste dag in die tronk Bloemfonteiners is ongesond, Kapenaars gesond Joodse mans ontevrede oor vroue-advertensies 5 jaar vir Pistorius Wraak-porno: Facebook moet IP-adresse verskaf Neusselle laat verlamde man wéér loop Oscar se beproewing sal nóóit verby wees nie - Aimée Bejaarde egpaar al vier keer beroof Oscar de la Renta sterf Weduwee onthul hoe PW nee sê vir staatshulp Panda's gee bewaarder grys hare Vier mans vas ná suuraanvalle op vroue Seun kritiek ná partytjie-verkragting WGO verklaar Nigerië Ebola-vry Britse toeristemoord: Verdagtes glo fisiek mishandel Japan: Twee vroueministers bedank weens korrupsie Indiese marathon ontaard in klug China skenk voedsel vir Ebola-lande Somerset-Wes: Vroue-rower skiet wag JZ: Waarom kritiek oor Nkandla - wat van PW? Texas: Ebola-personeel hoor vandag
Sake

G'n end in sig vir konstruksie-staking

Deur sapa Maandag 02 September 2013 9:42 vm.

Die staking in die konstruksiesektor duur voort nadat die bedryf se aangepaste loonaanbod Vrydag verwerp is.

Volgens Lesiba Seshoka, woordvoerder van die National Union of Mineworkers (NUM), wat die sowat 90 000 stakende konstruksiewerkers verteenwoordig, is daar “geen end in sig nie – die staking duur voort totdat die werkgewers ons eise toestaan”.

“Ons het aan hulle gesê hulle moet ons eise oor die minimum pakket hanteer en nie vir ons ’n verhoging van R400 aanbied nie; ons sal dit nie toelaat nie.”

Die bedryfsliggaam wat werkgewers verteenwoordig, die federasie van siviele ingenieurskontrakteurs (Safcec), het Vrydag ’n 10%-verhoging vir werkers in die laagste vier kategorieë ter tafel gelê en ’n 8%-verhoging vir werkers in kategorie vyf tot nege.

“Die 10% kom neer op ’n R400-verhoging vir dié werkers en die 8% is R300 vir daardie werkers. Ons het dit duidelik gemaak dat die minimum ’n pakket van R5 500 vir die laags betaalde werkers moet wees,” het Seshoka gesê.

Safcec bestempel die NUM se eise as onvolhoubaar. “Die laaste formele eise wat van die NUM ontvang is, was ’n eis vir ’n 40%-verhoging,” volgens Annemie Cowley, Safcec-woordvoerder.

Werkgewers het aanvanklik ’n 6%-verhoging vir 2013 en ’n inflasie-gekoppelde verhoging vir 2014 voorgestel.