Kaapstad Verander Area

Vandag


23°C / 16°C

Wind 41km/h


Reënval 2.2mm


Humiditeit 64%

Donderdag


22°C / 15°C

Wind 19km/h


Reënval 4.7mm


Humiditeit 68%

Vrydag


23°C / 16°C

Wind 27km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 63%

Saterdag


27°C / 17°C

Wind 22km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 49%

Sondag


26°C / 15°C

Wind 19km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 64%

Maandag


23°C / 15°C

Wind 42km/h


Reënval 0.3mm


Humiditeit 68%

Sake

Goudmyne slaggereed vir stakings

Maandag 02 September 2013 9:36 nm.

Suid-Afrika se goudprodusente verskerp hul veiligheidsmaatreëls in afwagting van die staking in die bedryf wat vanmiddag begin.

Die National Union of Mineworkers (NUM), wat sowat 64% van die werkers in die goudmynsektor verteenwoordig, het Vrydag kennis gegee van sy voorneme om te staak.

Loononderhandelinge in die Kamer van Mynwese het vasgeval. Die NUM eis ’n verhoging van 60% vir sekere werkers, terwyl die kamer ’n “finale aanbod” van 6,5% gedoen het. Die kamer verteenwoordig onder meer AngloGold Ashanti, Sibanye Gold en Harmony Gold.

Charmane Russell, ’n eksterne woordvoerder van die kamer, sê die goudprodusente tref al maande lank veiligheidsmaatreëls in die lig van die dreigende staking. “Daar was ’n massiewe toename in sekuriteit en koördinering met die polisie op plaaslike en nasionale vlak.”

Russell sê dit is onduidelik of die myne waar die Association of Mineworkers and Construction Union (Amcu) die meerderheid het, ook tot stilstand sal kom wanneer die NUM staak.

Lesiba Seshoka, NUM-woordvoerder, het aangedui die vakbond sal nie ander werknemers dwing om te staak nie.

Vrydag het Joseph Mathunjwa, Amcu-president, gesê die vakbond en sy lede praat nog oor ’n staking. Amcu is die amptelike meerderheidsvakbond by Sibanye Gold, wat die massiewe Driefontein-myn bedryf, asook by AngloGold se Mponeng-myn en Harmony Gold se Kusasalethu-myn. Dié myne is naby Carletonville, sowat 80 km wes van Johannesburg.

Uasa, wat 6,9% van die goudmynwerkers verteenwoordig, het die kamer se loonaanbod aanvaar. Die kamer het Donderdag ’n dooie punt in sy onderhandelinge met Solidariteit verklaar waarop die vakbond hom daarvan beskuldig het dat hy sy “morele en etiese kompas” verloor het. Solidariteit sê hy is steeds tot onderhandeling verbind, maar inligting oor ’n voorgestelde winsdelingskema word weerhou.

Stakings kan lei tot ’n produksieverlies van tot $35 miljoen per dag. – Bloomberg