Kaapstad Verander Area

Vandag


23°C / 16°C

Wind 23km/h


Reënval 0.3mm


Humiditeit 76%

Maandag


25°C / 16°C

Wind 33km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 58%

Dinsdag


29°C / 18°C

Wind 25km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 44%

Woensdag


22°C / 16°C

Wind 39km/h


Reënval 6.2mm


Humiditeit 74%

Donderdag


23°C / 16°C

Wind 26km/h


Reënval 3.1mm


Humiditeit 66%

Vrydag


23°C / 16°C

Wind 37km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 59%

Sake

Markte is verlig oor vervaardiging

Deur Mari Blumenthal, Reuters Maandag 02 September 2013 9:50 nm.

Pretoria. – Die swak rand is vir vervaardigers ’n tweesnydende swaard.

Fabrieksproduksie neem stelselmatig toe namate verbruikers duurder ingevoerde produkte met plaaslikes vervang, maar terselfdertyd jaag die swak rand insetkoste op.

Dié sektor het in Augustus vir die vyfde opeenvolgende maand gegroei en Kagiso Tiso se aankopebestuurdersindeks (PMI) het met 4,3 punte tot 56,5 punte verbeter; sy hoogste vlak sedert Augustus 2007. Die PMI word gegrond op ’n peiling onder vervaardigers en ’n punt bo 50 dui daarop dat die sektor uitbrei.

Veral die sub-indeks vir sakebedrywighede het opgeskiet en is nou op die hoogste vlak sedert Februarie 2012. Dié vir indiensname was vir die eerste keer sedert November 2012 in ’n positiewe gebied. Die PMI’s van die eurogebied, Brittanje en China, wat ook Maandag uitgereik is, was ook sterker. Die eurogebied se vervaardigingsektor brei vir die eerste keer sedert Februarie 2012 uit, maar hoewel die vooruitsigte vir die streek nou baie beter lyk, trek sy ekonomie steeds swaar, sê Kagiso Tiso.

Hy meen daarom dat veral die sterker vraag in Suid-Afrika gehelp het om die plaaslike PMI op te druk.

“Ons sien dalk nou die eerste duidelike tekens van invoervervanging omdat die swak rand plaaslike produkte beter kan laat meeding met duur ingevoerde produkte.”

Die PMI se sub-indeks vir insetpryse was in Augustus op 87,2 punte steeds baie hoog.

* Gesonder PMI’s laat markte klim

Die beter vooruitsigte vir China en Europa se vervaardigingsektore het wêreldmarkte Maandag boontoe gehelp.

Marksentiment is veral versterk deur die nuus dat China se vervaardigingsektor in Augustus vir die eerste keer die afgelope vier maande gegroei het.

’n Vakansiedag in Amerika het egter die aktiwiteit in aandele- en valutamarkte gedemp.

Die JSE se indeks van alle aandele het 1,44% sterker op 42 726 punte gesluit.

Die sterker plaaslike en Chinese PMI het die rand tot R10,15 teenoor die dollar help verstewig. Maandagaand vroeg het dit teen R10,24 verhandel.

Die rand het voordeel getrek uit beleggers se verligting dat Amerika nie Sirië in dié stadium sal inval nie.Dié nuus het die prys van Brent-ruolie laat daal tot sowat $114 per vat.