03 Augustus 23:22
13°C / 16°C

Kaapstad Verander Area

Vandag


16°C / 13°C

Wind 41km/h


Reënval 15mm


Humiditeit 77%

Woensdag


16°C / 12°C

Wind 10km/h


Reënval 0mm


Humiditeit 61%

Donderdag


20°C / 12°C

Wind 6km/h


Reënval 0mm


Humiditeit 49%

Vrydag


19°C / 13°C

Wind 11km/h


Reënval 0mm


Humiditeit 56%

Saterdag


18°C / 12°C

Wind 14km/h


Reënval 0mm


Humiditeit 61%

Sondag


16°C / 11°C

Wind 22km/h


Reënval 9mm


Humiditeit 87%

Sake

Minder nuwe wiele op SA paaie

Deur bloomberg Maandag 02 September 2013 16:39

Voertuigverkope het in Augustus gedaal – die eerste keer sedert Maart.

Algehele verkope was 0,3% minder as ’n jaar gelede, het die vereniging van voertuigvervaardigers (Naamsa) bekend gemaak.

Voertuiguitvoer het met 23% gedaal, grootliks weens die staking in die motorvervaardigingsbedryf. Werkers by sewe vervaardigers – onder meer BMW en Ford – staak sedert 19 Augustus, wat die bedryf tot R700 miljoen per dag kos, het Nico Vermeulen, direkteur van Naamsa, gesê.

Vermeulen sê die grootste impak van die staking sal egter in die September-syfers weerspieël word.

Plaaslik het die verkope van passasiersmotors met 3,7% gedaal, ’n teken van die voortgesette druk op verbruikers.

Die verkope van ligte handelsvoertuie het met 5,3% gestyg.

Volgens Naamsa word stram handelsomstandighede voorspel gegewe die trae ekonomiese groei en die styging van hoër as inflasie in die pryse van nuwe voertuie.