Kaapstad Verander Area

Vandag


26°C / 12°C

Wind 21km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 45%

Dinsdag


25°C / 13°C

Wind 15km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 43%

Woensdag


19°C / 12°C

Wind 15km/h


Reënval 1.4mm


Humiditeit 69%

Donderdag


22°C / 10°C

Wind 25km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 48%

Vrydag


23°C / 10°C

Wind 19km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 43%

Saterdag


26°C / 11°C

Wind 13km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 37%

Sake

Myngroep in sop oor besoedeling in Vaalrivier

Deur bloomberg Maandag 02 September 2013 16:23

AngloGold Ashanti het Maandag gesê giftige afvalstowwe het verlede week uitgelek en 1,6 km van ’n sytak van die Vaalrivier besoedel.

Dis die tweede storting in vyf maande van sy eenheid Mine Waste Solutions (MWS).

“Ons het ’n reaksiespan aangestel, wat interne en derdeparty-spesialiste insluit, om die uitwerking te monitor en te verlig,”  het Afrika se grootste goudprodusent gesê.

Bedrywighede by MWS is onmiddellik gestaak, keerwalle is opgerig en die foutiewe boute in die pypleiding wat tot die storting aanleiding gegee het, is vervang en gesweis.

Die lekkasie in die Koekemoer-spruit, sowat 160 km suidwes van Johannesburg, is naby die storting by Hartebeestfontein in April.

AngloGold het MWS verlede jaar vir $535 miljoen van First Uranium aangeskaf. MWS spesialiseer in die herwinning van yster en uraan uit mynafval.

In 2012 was die maatskappy vir 15 “omgewingsvoorvalle” verantwoordelik in die 10 lande waarin hy werksaam is – 7 daarvan in Suid-Afrika.

Die gifstowwe wat uitgelek het, kan diere en plante "benadeel", maar is nie giftig vir mense nie, het die maatskappy gesê.