Kaapstad Verander Area

Vandag


23°C / 11°C

Wind 15km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 61%

Sondag


24°C / 12°C

Wind 25km/h


Reënval 0.1mm


Humiditeit 57%

Maandag


26°C / 13°C

Wind 16km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 46%

Dinsdag


25°C / 13°C

Wind 15km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 48%

Woensdag


21°C / 12°C

Wind 14km/h


Reënval 1.8mm


Humiditeit 71%

Donderdag


23°C / 10°C

Wind 20km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 43%

Sake

Petroljoggie-staking: Verrassende wending

Maandag 02 September 2013 08:41

’n Beplande staking deur petroljoggies is onverwags opgeskort, het ’n amptenaar van die National Union of Metalworkers (Numsa) Maandag gesê.

Numsa het nog nie ’n amptelike stakingskennisgewing aan werkgewers uitgereik nie, sê Castro Ngobese, ’n woordvoerder.

Volgens hom het werkgewers aangedui dat hulle “bereid is om verder te onderhandel” nadat hulle met die staking gedreig is.

Numsa sal Woensdag en Donderdag met die Vereniging van Brandstofkleinhandelaars (FRA) en die Kleinhandelmotorbedryf (RMI) ontmoet.

“Ons is nie ’n vakbond wat dol is oor stakings nie, ons ondersteun die proses van konstruktiewe onderhandeling,” het Ngobese gesê.

Indien die onderhandelings doodloop, sal 72 000 petroljoggies en ander werkers in die motorbedryf op 9 September begin staak.

Numsa het verlede week gesê dat onderhandelings in Julie skipbreuk gely het.

Die eerste fase van die loononderhandelinge het reeds in Mei begin. 

Numsa, wat sowat 100 000 werkers in die kleinhandel-motorbedryf verteenwoordig - insluitend petroljoggies - dring aan op ’n intreesalaris van minstens R6 000 per maand.