Kaapstad Verander Area

Vandag


25°C / 15°C

Wind 36km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 54%

Sondag


29°C / 17°C

Wind 23km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 46%

Maandag


27°C / 17°C

Wind 28km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 75%

Dinsdag


25°C / 17°C

Wind 30km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 64%

Woensdag


24°C / 15°C

Wind 14km/h


Reënval 0.1mm


Humiditeit 67%

Donderdag


22°C / 14°C

Wind 23km/h


Reënval 0.6mm


Humiditeit 72%

Nuusflitse
Iran hang vrou wat vermeende verkragter vermoor Winter gaan swaar wees in Oekraïne, waarsku VN TB Joshua skenk begrafnisgeld TLC haal Honey Boo Boo van die lug Tweejarige sterf in Mali weens Ebola Twee vas ná Kagiso-rooftog Busongeluk in Nepal eis 14 Wapendepot van IS in Irak vernietig Polisie in New York met 'n byl aangeval Dokter vas nadat vrou op operasietafel sterf Ebola laat gesondheidswerker na Ivoorkus vlug Gasontploffing in Pole eis drie gesinslede Ebola: Japan se Clever-maatskappy skenk ‘slim’ gesigsmaskers Indië beskerm vlermuise teen vuurwerk Plaasaanval: Seun hardloop 3 km om hulp te soek Derek Swemmer verlaat Kovsies Kernkrag: SA en Rusland ontmoet in Drakensberge ‘Fotobom bom Collins-woordeboek’ Japanse staatslui gebruik departementsgeld in seksklub Rowers blaas kitsbank op, vlug met geld Vry word op Zimbabwe-kampus verbied KZN: Vrou sterf in tref-en-trap-ongeluk Oscar: Belastingbetalers gaan opdok OB benodig R64 miljoen Gat in staat se sak kan tot hoër belasting lei Senzo Mchunu se vrou moet uit pos bedank - IVP Snik, gemmerkoekies word geslagloos Indonesië onderskep Australiese vliegtuig Duitsland stuur tieners terug wat glo by IS wou aan sluit KZN-mans lank tronk toe vir verkragting Kerkramp: Suid-Afrikaners se lyke steeds nie terug nie Heyns-moordsaak: Broer gaan dalk teen broer getuig SOE: Wil nie Nkandla-eis instel teen Jacob Zuma Oscar Pistorius: Eerste dag in die tronk
Sake

Slimfoongroep se werkers vas oor handelsgeheime

Deur bloomberg Maandag 02 September 2013 1:32 nm.

Die HTC One, waarmee die Taiwannese groep vanjaar probeer het om markaandeel terug te wen.

Die Taiwannese slimfoongroep HTC het werknemers – onder hulle ’n visepresident – daarvan aangekla dat hulle sy handelsgeheime uitgelap het.

Vyf mense, onder meer vier “sleutel-werknemers” in HTC se afdeling vir navorsing en ontwikkeling, is deur die land se buro van ondersoek, ’n afdeling van die ministerie van justisie, ondervra. Twee word aangehou en die res is op borgtog vrygelaat.

HTC is deesdae een van die kleiner slimfoonvervaardigers, maar was die heel eerste wat Google se Android-sagteware gebruik het in sy HTC Dream. Hy was ook een van die eerstes wat raakskerms bekend gestel het – reeds in 1998. Sy HTC One-slimfoon is vroeër vanjaar bekend gestel.

HTC het vyf jaar gelede byna ’n kwart van die slimfoonmark beheer, maar dit het sedertdien tot minder as 9% getuimel. In Amerika was hy nietemin nog in die derde posisie met ’n markaandeel van 9,4% – naas Apple (40% van die slimfoonmark) en Samsung (24,7%).

Die groep se aandeelprys in Taipei, Taiwan, het ná die nuus met tot 6,7% getuimel, wat beteken hy het sedert 2011 reeds 88% van sy markwaarde verloor.

Die groep het aangedui die ondersoek sal nie die bekendstelling van sy nuwe produkte vertraag nie.