Kaapstad Verander Area

Vandag


23°C / 13°C

Wind 36km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 46%

Saterdag


24°C / 16°C

Wind 37km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 54%

Sondag


25°C / 15°C

Wind 28km/h


Reënval 0.8mm


Humiditeit 58%

Maandag


20°C / 15°C

Wind 19km/h


Reënval 2.5mm


Humiditeit 81%

Dinsdag


23°C / 16°C

Wind 21km/h


Reënval 0.3mm


Humiditeit 68%

Woensdag


22°C / 15°C

Wind 36km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 57%

Nuusflitse
Beroemde bokskryt glo gesteel Thuli Madonsela: Jy's nie bo die reg, JZ 13-jarige ontvoer: 'Toestande in ouerhuis nie noodwendig sleg' Steve Hofmeyr ken nie apartheid - Virginia Keppler Klimmer sterf op Nepal-berg Eerste renoster in Etosha gestroop Taxi-eienaar doodgeskiet in Jhb-middestad Werkloosheid hier om te bly Twee mans aangekeer ná skietvoorval Toeristemoord: Mianmar-verdagtes gaan weer getoets word Duitse toeris dood in Australiese park gekry Vodacom: Klante se besonderhede glo bekendgemaak Ebola: Verpleegster in VSA weier kwarantyn Vermeende ontvoerder van meisie (13) vandag in hof Nóg bewyse dat Ellen Tshabalala jok oor graad Gesteelde skape in vrou se slaapkamer gevind Fransman sterf ná 56 sopies 14 dood, 300 vermis ná grondstorting in Sri Lanka ​Kommer oor TB en diabetes-epidemie Kiwi's gaan stem oor nuwe vlag ​Rusland bied hulp aan na vuurpyl-ontploffing ​VN aanvaar resolusie oor Kuba Hoogswanger Thandi Bocibo by hospitaal weggewys Vermiste Casandra Lottering (13) is gevind Die Leeu, die Jakkals en die Perske maak musiek Wilde sampioene maak gesin siek Ebola: Switsers sê ja vir eksperimentele entstof Sanger Bobby beroof Kroonprinses Masako hou eerste banket in 11 jaar Kambodja: Broers sterf in handgranaatontploffing Tienerseun vas wat kleuter glo verkrag, vermoor Chinese toeriste in Durban-ongeluk beseer Oscar Pistorius: 4 gronde vir appèl Wes-Kaap: Alan Winde wil grondhervorming aanpak Senzo Meyiwa: Gemeenskap moet die polisie help
Sake

Kampvegter

Uitkeerpolis: R16 689,65 ná 26 jaar

‘Skamele bedrag’ skok

Deur kampvegter Vrydag 06 Desember 2013 9:28 nm.

Tussen ’n verbruiker se verwagtinge en die werklikheid lê soms ’n diep kloof.

Louisa Fransman van De Doorns het by Kampvegter gekla oor die uitkeerwaarde van ’n Sanlam-polis wat sy uitgeneem het en waarvan die uitkeerwaarde ver aan haar verwagtinge te kort skiet.

Sy vertel dat sy nadat polisbydraes oor ’n tydperk van 26 jaar vasgestel het dat die uitkeerwaarde daarvan slegs R16 689,65 is.

“Hierdie inligting was vir my skokkend, want hierdie polis het begin op 1 Mei 1987 en was tot 1 Mei 2013, wat meegebring het dat ek slegs die skamele bedrag van R16 689,65 vir 26 jaar se bydraes uitkry.

“Dit wil sê ek gaan nou slegs die paaiemente wat ek oor die jare inbetaal het, terugkry,” kla sy. “Ek het vir my doelwitte en ’n begroting opgestel wat vir my tydens my pensioenjare sou sorg, maar dit skyn nou alles in duie te stort.”

Fransman kla ook dat Sanlam eensydig die uitbetalingsdatum van 1 Mei 2014 van ’n polis in haar man se naam tot 1 Mei 2017 verleng het.

“Ek is glad nie te vinde vir die verlenging nie, want maak nie saak hoe lank dit verleng word nie, die uitkeerwaarde gaan nog steeds slegs die totaal van die paaiemente wees wat oor die jare inbetaal is.”

Kampvegter het Sanlam om ’n verduideliking gevra. Volgens Dorea Ozrovech, bestuurder: Sanlam kliënteverhoudinge, dring Fransman daarop aan dat die illustratiewe uitkeerwaarde soos gereflekteer in haar aanvanklike dokumentasie aan haar uitbetaal word.

“Toe die polis destyds uitgeneem is, is die kliënt van ’n volledige poliskontrak voorsien. Die illustratiewe uitkeerwaarde wat in 1987 in die poliskontrak voorsien is, is bereken teen ’n illustratiewe bonuskoers van 15%.

“Daar is baie duidelik in die poliskontrak aangedui dat die waardes illustratief is en nie gewaarborg is nie.

“Ons verwys ook na die volgende gedeelte uit die polisdokument: Die werklike voordele wat die polis bied, sal bepaal word deur die werklike bonuskoerse en berekeningsbasisse wat van tyd tot tyd geld.”

Volgens Ozrovech het Fransman se maandelikse premie aanvanklik R29,55 beloop en is dit weens ongeskiktheid in 2008 tot R27,48 verminder. Die polis het ’n sterftevoordeel van R30 627 gebied, ’n ongeskiktheidsvoordeel van R10 000 en ’n ongeluksvoordeel van R10 000.

Volgens Ozrovech was die illustrasiekoerse wat destyds gebruik is realisties vir daardie tyd. Die koerse word egter van tyd tot tyd gewysig om tred te hou met veranderende ekonomiese omstandighede en nie om verkeerde verwagtinge by kliënte te skep nie.

Kliënte word jaarliks van ’n portefeuljestaat voorsien wat die fondswaarde van ’n polis aandui.

“Sy kon dus daarvolgens sien hoe die polis se waarde jaarliks verander en haar verwagting omtrent die polis se uitkeerwaarde daarvolgens bestuur.”

Dit is ook nie waar dat die uitkeerwaarde van Fransman se polis gelyk is aan dit wat sy self inbetaal het nie, sê Ozrovech.

Volgens haar berekenings het Fransman altesame R9 085,40 inbetaal. Haar uitbetaling is dus aansienlik meer as die inbetaling. Daarby het sy voordele vir ongeskiktheid, sterfte en ongeluk gehad.

Oor Fransman se tweede klagte sê Ozrovech dat die polis op 1 Mei 1987 vir ’n termyn van 30 jaar uitgeneem is. Die kontraktuele uitkeerdatum van die polis is dus 1 Mei 2017.

Dit is die datum wat in die poliskontrak verskyn en wat aan mnr. Fransman gestuur is nadat die polis uitgereik is en wat op sy voordelestaat verskyn.

Sanlam het dus nie die uitkeerdatum eensydig verander nie.