Kaapstad Verander Area

Vandag


32°C / 18°C

Wind 25km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 40%

Donderdag


33°C / 17°C

Wind 19km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 40%

Vrydag


27°C / 17°C

Wind 22km/h


Reënval 0.2mm


Humiditeit 60%

Saterdag


24°C / 17°C

Wind 28km/h


Reënval 6.9mm


Humiditeit 49%

Sondag


27°C / 17°C

Wind 33km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 41%

Maandag


30°C / 17°C

Wind 34km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 33%

Nuusflitse
​Johnny Depp herstel van ‘chupacabra-aanval’ ​Voltaire se boek ’n topverkoper ANC wil grondbesit beperk Polisie speel groot rol in ernstige misdaad - SAIRV Krokodil byt man van Pretoria aan been 4 mense sterf in bankdrama in Rusland De Zalze-bloedbad: 16-jarige is nog kritiek Beweerde metropolisie-roof: 2 verskyn in hof IS eis vrylating van terroris in ruil vir gyselaars Belastingbetalers dok op vir Ace Magashule se 72 gaste in Kuba 3 gesinslede dood in bloedbad by gholflandgoed Belfast-stadsraad: ‘Vermy vis op straat’ Vegvliegtuig stort neer: Dodetal styg tot 11 ANC gaan vir Selebi-begrafnis betaal 7 huiskomiteelede van Potch voorlopig geskors 3 mense op De Zalze vermoor Metropolisie beroof glo ma, 2 kinders Fliek oor FW de Klerk draai in die VSA Facebook-gebruikers ruk lank ‘in duister’ 10 dood toe vegvliegtuig teen ander vliegtuie bots Brandfort: Oë rek oor reuse-uitgawes Top-spioen in hof oor bedrog Padwoede-verhoor tot Augustus uitgestel Man sterf in ongeluk by nywerheidsonderneming SAL kanselleer vlugte na New York weens slegte weer Vrou op staproete in Llandudno beroof Nelspruit-ouma glo as seksslaaf aangehou 5 stories wat jy nie kan mis nie Valke trek 10 Nigeriërs vas Air Malaysia se webruimte binnegedring Mej. Heelal kom uit Colombia Oudsoldate van SA help in stryd teen Boko Haram Man in hof ná skietery by vulstasie in Kaapstad Kerk neem afskeid van jong dominee ná fratsongeluk ​Nigeriërs in hof ná dwelmklopjag ​Onsekerheid of lasbrief vir Zuma se seun uitgereik is ​Sir David Graaff oorlede ​Man verdrink by Coney Glen in Knysna ​Man met steekwonde vas aan boom gevind ​Japanse premier ‘sprakeloos’ ná onthoof-video ​Ruimtetuig op Mars gevind
Sake

Einde van Eskom-program tref Ellies

Dinsdag 21 Januarie 2014 09:13

Die goedere- en diensteverskaffer Ellies het ’n “uitdagende” halfjaar agter die rug, volgens ’n Sens-verklaring oor sy resultate vir die ses maande tot einde Oktober 2013.

Ellies het in 2012 voordeel getrek uit Eskom se kragbesparingsveldtog onder verbruikers. Ellies is gekontrakteer om kragbesparende gloeilampe, tydskakelaars vir geisers en waterdoeltreffende stortkoppe te installeer.

Dit het baie bygedra tot die styging in die groep se verdienste per aandeel van 21c tot 43c in die eerste halfjaar van 2012. Met dié program grootliks agter die rug het die verdienste per aandeel weer tot 25c teruggesak.

As die Eskom-uitwerking buite rekening gelaat word, het die groep se kernsake “bevredigende inkomstegroei” behaal, sê die maatskappy.

Ellies is ’n gediversifiseerde vervaardiger, invoerder en diensteverskaffer in sektore soos verbruikersgoedere en dienste, hernieubare energie, kragbestuur en water- en IKT-infrastruktuur.

Sy inkomste vir die halfjaar het met 3,8% gedaal. Sy nabelaste wins het met 40,9% gedaal en sy verdienste per aandeel van 25,27c is 40,7% minder as in die ooreenstemmende halfjaar van 2012.

Die wesensverdienste per aandeel is 25,09c, 40,9% laer as vantevore.

Die maatskappy se netto batewaarde per aandeel het met 20,1% gestyg tot 341,31c.

Open View HD, ’n gratis satelliet-TV-diens, is in Oktober bekend gestel en Ellies is een van die dekodeerderverskaffers daarvoor. Volgens die Sens-verklaring was die bekendstelling te laat om ten volle voordeel te trek uit die feestydinkopies. Hy verwag dit sal in die volgende maande groter aftrek begin kry.

Verkope van MultiChoice se DStv-dekodeerders bly konstant, en die maatskappy verwag dat DStv sy aandeel vandie vermaakmark sal behou.

Wat energiebesparing betref meen Ellies hy gaan in die afsienbare tyd beduidende belangstelling uit die sakesektor kry vir nuwe produkte, dienste en idees vir hernieubare energie.

Ellies het ook spesiale kompakte substasies ontwikkel wat ingespan word in sonkragaanlegte wat deel is van die program van onafhanklike kragprodusente vir hernieubare energie (REIPPP).

In die halfjaar het Ellies se infrastruktuurafdeling Botjheng Water vir R10 miljoen aangeskaf, waarvan R7 miljoen kontant dadelik betaal is en die res oor 12 maande afbetaal word. Dié projek is nog nie winsgewend nie.

“Die groep se diversifisering na nuwe produkte en ondernemings, tesame met sy samewerking met vooraanstaande tegnologievennote, stel die groep in staat om op sy bestaande vaardighede, infrastruktuur en kliëntebasis voort te bou.

“Die bestuur glo die huidige moeilike handelsomstandighede sal voortduur.”

Geen tussentydse dividend word uitgereik nie omdat die maatskappy tans alle kontant gebruik om nuwe geleenthede te finansier.

Teen 09:30 het Ellies se aandeelprys met 0,84% gedaal tot R5,90