Kaapstad Verander Area

Vandag


25°C / 16°C

Wind 31km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 50%

Sondag


26°C / 16°C

Wind 29km/h


Reënval 0.1mm


Humiditeit 53%

Maandag


20°C / 16°C

Wind 27km/h


Reënval 25.8mm


Humiditeit 88%

Dinsdag


22°C / 15°C

Wind 17km/h


Reënval 2.7mm


Humiditeit 74%

Woensdag


23°C / 15°C

Wind 30km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 60%

Donderdag


30°C / 18°C

Wind 22km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 46%

Nuusflitse
4 werkers sterf toe brug ineenstort Man val laerskoolkinders met mes aan 4 mense dood en 14 beseer in ongelukke op Van Reenenspas Sataniste soek swart katte in Hongarye Man dood in Tafelberg-tragedie Zambiër vas oor hy in lug skiet ná president se dood ‘Hongarye sit internetbelasting eers op ys’ Miley Cyrus se rok skok Man ontnugter met droomvrou, wurg haar Rowers grawe tonnel om bank te beroof Vermeende verkragter gesoek MH370: Seuns dagvaar oor pa se “dood” Beroemde bokskryt glo gesteel Thuli Madonsela: Jy's nie bo die reg, JZ 13-jarige ontvoer: 'Toestande in ouerhuis nie noodwendig sleg' Steve Hofmeyr ken nie apartheid - Virginia Keppler Klimmer sterf op Nepal-berg Eerste renoster in Etosha gestroop Taxi-eienaar doodgeskiet in Jhb-middestad Werkloosheid hier om te bly Twee mans aangekeer ná skietvoorval Toeristemoord: Mianmar-verdagtes gaan weer getoets word Duitse toeris dood in Australiese park gekry Vodacom: Klante se besonderhede glo bekendgemaak Ebola: Verpleegster in VSA weier kwarantyn Vermeende ontvoerder van meisie (13) vandag in hof Nóg bewyse dat Ellen Tshabalala jok oor graad Gesteelde skape in vrou se slaapkamer gevind Fransman sterf ná 56 sopies 14 dood, 300 vermis ná grondstorting in Sri Lanka ​Kommer oor TB en diabetes-epidemie Kiwi's gaan stem oor nuwe vlag ​Rusland bied hulp aan na vuurpyl-ontploffing ​VN aanvaar resolusie oor Kuba Hoogswanger Thandi Bocibo by hospitaal weggewys Vermiste Casandra Lottering (13) is gevind Die Leeu, die Jakkals en die Perske maak musiek Wilde sampioene maak gesin siek Ebola: Switsers sê ja vir eksperimentele entstof Sanger Bobby beroof Kroonprinses Masako hou eerste banket in 11 jaar Kambodja: Broers sterf in handgranaatontploffing Tienerseun vas wat kleuter glo verkrag, vermoor Chinese toeriste in Durban-ongeluk beseer Oscar Pistorius: 4 gronde vir appèl Wes-Kaap: Alan Winde wil grondhervorming aanpak Senzo Meyiwa: Gemeenskap moet die polisie help
Sport

Geen GW-kontrakte vir Horn, Carney en drietal van Shimlas

Deur Gerdie Karstens Maandag 06 Mei 2013 11:27 nm.

BLOEMFONTEIN. – Vyf van Griekwas se rolspelers in die Vodacombeker-rugbyreeks sal nie in die Curriebeker-reeks ’n Poublou-trui oor die kop trek nie.

Die Noord-Kapenaars het Saterdag op Nuweland in die Kaap teen die Westelike Provinsie in die kwarteindstryd van die Vodacombeker-reeks vasgeval, met die slot Joubert Horn en die flank Deon Carney wat albei teen die Streeptruie rolle vertolk het.

Nie hulle, of die Shimlas- versterkings van die losskakel Pieter-Steyn de Wet, stut Nick Schonert of senter Stephan van der Merwe – wat ook teen WP gespeel het – sal later weer betrokke wees nie.

“Die Shimlas is almal studente en kan dus nie hul studies opgee om voltyds by ons te oefen nie.

“Deon Carney en Joubert Horn het net Vodacombeker-kontrakte gehad en ons kan hulle tans nie ander kontrakte aanbied nie,” het Pote Human (afrigter) gesê.

Hul afwesigheid behoort egter nie die Noord-Kapenaars te veel vir die Curriebeker omver te werp nie.

Verskeie staatmakers soos die vleuel Willie le Roux en losskakel Burton Francis keer terug van Super-rugby, terwyl beseerdes soos die flanke Burger Schoeman en Wesley Wilkins se beskikbaarheid diepte onder die voorspelers sal verskaf.

Die Poubloues geniet tans ’n ruskans van twee weke en trek op 20 Mei weer saam om volstoom vir die Curriebeker te begin slyp.

Intussen sal die Poubloues wonde lek oor wat allesbehalwe as ’n suksesvolle Vodacombeker-reeks beskou sal word.

“Dit was ons swakste reeks die afgelope paar jaar en die spelers weet dit. Dit maak ’n mens effe bekommerd vir die Curriebeker-reeks.

“Ek moet wel sê dit was in die Kaap een van ons beste wedstryde van die reeks.

“Die span het karakter gewys en veral die voorspelers het werklik hul kant gebring,” het Human gesê.

Die Noord-Kapenaars het vier minute voor rustyd nog met 10-0 voorgeloop voordat die WP-heelagter, Cheslin Kolbé, sy briljantheid ten toon gestel het.

Kolbé het ook in die tweede helfte gaan druk om die Streeptruie met 21-13 te laat seëvier het.

“Die drieë voor en kort ná rustyd het ons aanvanklike goeie spel vinnig ongedaan gemaak. Ons het in die eerste halfuur 80% van die besit geniet, maar Kolbe se briljantheid het ons uiteindelik gekelder,” het Human bygevoeg.