Kaapstad Verander Area

Vandag


27°C / 18°C

Wind 18km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 59%

Maandag


26°C / 17°C

Wind 26km/h


Reënval 0.5mm


Humiditeit 57%

Dinsdag


27°C / 16°C

Wind 37km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 53%

Woensdag


32°C / 18°C

Wind 28km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 40%

Donderdag


33°C / 18°C

Wind 18km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 41%

Vrydag


26°C / 17°C

Wind 33km/h


Reënval 1.5mm


Humiditeit 52%

Nuusflitse
​Nigeriërs in hof ná dwelmklopjag ​Onsekerheid of lasbrief vir Zuma se seun uitgereik is ​Sir David Graaff oorlede ​Man verdrink by Coney Glen in Knysna ​Man met steekwonde vas aan boom gevind ​Japanse premier ‘sprakeloos’ ná onthoof-video ​Ruimtetuig op Mars gevind Vroue sterf toe muur op hulle val Dominee sterf ná fratsongeluk Tiener vas ná vroue op Tafelberg beroof is Filippyne-ontploffing eis 1, 37 gewond Soweto-plundery: Meer as 150 in hegtenis Anwa Dramat se skorsing onwettig verklaar Motorbrand-tragedie: 2 seuns sterf Britse vrou sterf in Thailand weens borsinfeksie Jackie Selebi sterf in Pretoria 5 stories wat jy nie mag mis nie ​Tyd raak min vir Japanse gyselaars Marthinus dalk gou ambassadeur in Griekeland Prins Andrew ontken in openbaar seksaantygings Koning van Saoedi-Arabië sterf Swak dienslewering knou Brandfort Dwelms: Jhb-man kry doodstraf op verjaarsdag Antraks-dreigement in Centurion Tronkbewaarders gesteek in moontlike ‘benderitueel’ Soweto-geweld: 68 in hegtenis Kaalbors en terug op bl. 3! Tony Ehrenreich van Cosatu wil sy geld uitdeel Mense speel ‘slagter’ toe voertuig met beeste omslaan 2 sterf toe man handgranaat in polisiestasie gooi Oudlanddros se kinders verwyder WhatsApp nou op rekenaar Man skiet glo Boston-dokter uit wraak Polisiekaptein vas oor hy glo wapens aan rowers leen Verkeersbeamptes dreig vrou oor R3,50 vir parkering Zuma praat oor kragkrisis Vrou sê man wou haar 'lelik' maak met suur
Sport

BLITS REIK NA SPRINGBOK-KLEURE

Rhule in bulstryd

’Canes se Savea en Leiua spel gevaar

Deur Jóhann Thormählen Dinsdag 07 Mei 2013 23:23

Spiertier. Die Cheetahs-vleuel Raymond Rhule wil homself Vrydag teen die Hurricanes se giftige vleuels weeg. Hy het sy visier op ’n plek in die Bok-span vir volgende maand se toetse ingestel. Foto: Conrad Bornman

BLOEMFONTEIN. – Verwag opwindende hardlooprugby deur twee spanne wat graag die bal rondgooi, maar moenie dink die Cheetahs gaan Vrydag hier hul trotse verdedigingsrekord in 2013 prysgee nie.

Só het die vleuel Raymond Rhule gister oor sy span se Super-wedstryd in die Vrystaat-stadion teen die Hurricanes gesê.

Die tuisspan se verbeterde lakwerk in sy eerste tien kragmetings is een van die hoofredes waarom hy vanjaar ’n sterk aanspraakmaker is.

Hy het 23 drieë gedruk en slegs 19 afgestaan. Dit het ’n positiewe drieëverskil tot gevolg – iets wat die Cheetahs selde in die verlede kon vermag.

Maar met vleuel-angels soos die All Black Julian Savea en Alapati Leiua, wat eergister in Samoa se groep vir volgende maand se toetse in Suid-Afrika ingesluit is, kan die Hurricanes amok maak.

Die 20-jarige Rhule, wat al saam met die Springbokke getoer het, sien egter daarna uit om hom teen vleuels van wêreldgehalte te meet, aangesien hy besef dat dít nodig is vir sy aanspraak op ’n Bok-trui.

Met Savea, Leiua en die heelagter André Taylor as waarskynlike agterste driehoek vir die besoekers, sal die Cheetahs beslis hul keer moet ken.

Rhule, die vleuel Willie le Roux en heelagter Hennie Daniller speel gelukkig ’n soortgelyke soort hardlooprugby as die ’Canes en weet wat om te verwag.

“Dit gaan ’n lekker wedstryd wees om na te kyk, omdat albei spanne daarvan hou om die bal rond te gooi.

“Maar hulle sal ’n taai tyd teen ons verdediging hê. Dit is iets waarop ons ons roem en vanjaar trots is.

“As ons die bal kry, sal ons natuurlik doen wat ons altyd doen,” het Rhule gesê.

Hoewel hy nie direk teen Savea gaan speel nie – hy en Leiua pak mekaar – , meen Rhule die Cheetahs moet Savea dophou.

“As ’n span probeer ons om nie te veel op individue te fokus nie.

“Wat my Springbok-aanspraak betref, sal ek myself moet bewys teen ouens wat vir die All Blacks speel.

“Op die oomblik speel Savea vir hulle en Leiua vir Samoa. Albei is dus toetsspelers en ek moet my staal teen hulle toon.”

Hy meen die loslootjie wat sy span verlede naweek geniet het was goed, maar dat die Cheetahs nou weer nuwe momentum moet opbou.

• Intussen is die Madibaz-senter Howard Mnisi vandeesweek op ’n proeftydperk by die Cheetahs.

Mnisi het Saterdag vir die Suid-Afrikaanse Universiteitespan teen Namibië in Windhoek uitgedraf. Dié belowende ster is vanjaar as die Varsitybeker se Agterspeler van die Reeks aangewys.

• Die Springbokke se voorspeler-afrigter, Johan van Graan, was ook gister as deel van die Bokke se samewerking met plaaslike Super-spanne by die Cheetahs se oefening te sien.

Hy het die Cheetahs-agttal bygestaan en veral raad by hul lynstaan- en skrumsessie gegee.