Kaapstad Verander Area

Vandag


22°C / 15°C

Wind 31km/h


Reënval 0.2mm


Humiditeit 67%

Vrydag


23°C / 15°C

Wind 39km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 59%

Saterdag


25°C / 15°C

Wind 38km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 53%

Sondag


27°C / 16°C

Wind 24km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 51%

Maandag


25°C / 16°C

Wind 31km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 64%

Dinsdag


24°C / 17°C

Wind 32km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 64%

Nuusflitse
‘Fotobom bom Collins-woordeboek’ Japanse staatslui gebruik departementsgeld in seksklub Rowers blaas kitsbank op, vlug met geld Vry word op Zimbabwe-kampus verbied KZN: Vrou sterf in tref-en-trap-ongeluk Oscar: Belastingbetalers gaan opdok OB benodig R64 miljoen Gat in staat se sak kan tot hoër belasting lei Mthembu steeds in intensiewe sorg – ANC Man tronk toe wat stiefdogter verkrag Nene: Staat se gordel sal styf ingetrek word Man sterf toe hy van afleweringsvoertuig val Senzo Mchunu se vrou moet uit pos bedank - IVP Snik, gemmerkoekies word geslagloos Indonesië onderskep Australiese vliegtuig Duitsland stuur tieners terug wat glo by IS wou aan sluit KZN-mans lank tronk toe vir verkragting Kerkramp: Suid-Afrikaners se lyke steeds nie terug nie Heyns-moordsaak: Broer gaan dalk teen broer getuig SOE: Wil nie Nkandla-eis instel teen Jacob Zuma Oscar Pistorius: Eerste dag in die tronk Bloemfonteiners is ongesond, Kapenaars gesond Joodse mans ontevrede oor vroue-advertensies 5 jaar vir Pistorius Wraak-porno: Facebook moet IP-adresse verskaf Neusselle laat verlamde man wéér loop Oscar se beproewing sal nóóit verby wees nie - Aimée Bejaarde egpaar al vier keer beroof Oscar de la Renta sterf Weduwee onthul hoe PW nee sê vir staatshulp Panda's gee bewaarder grys hare Vier mans vas ná suuraanvalle op vroue Seun kritiek ná partytjie-verkragting WGO verklaar Nigerië Ebola-vry Britse toeristemoord: Verdagtes glo fisiek mishandel Japan: Twee vroueministers bedank weens korrupsie Indiese marathon ontaard in klug China skenk voedsel vir Ebola-lande Somerset-Wes: Vroue-rower skiet wag JZ: Waarom kritiek oor Nkandla - wat van PW? Texas: Ebola-personeel hoor vandag
Sport

Beker gee Ackermann se Leeus hoop vir Super-toekoms

Deur Pieter Jordaan Sondag 19 Mei 2013 10:36 nm.

JOHANNESBURG. – Die verowering van die Vodacombeker voorspel blink dinge vir Goue Leeus-rugby.

Daarom kan die afrigter, Johan Ackermann, nog ’n week se voorbereiding met ’n meer geruste hart aanpak, al is daar nog groter berge wat versit moet word.

’n Harde wedstryd teen Samoa se toerspan kom reeds volgende naweek aan die beurt vir die Leeus wat oor die komende weke ’n vol program het ter voorbereiding vir Super-rugby se promosie-relegasiestryd oor ’n bietjie meer as twee maande.

Daar is dus ook nie veel tyd om te lê en droom oor hul vyfde Vodacombeker-trofee, wat hulle Vrydag met ’n sege van 42-28 oor die Pumas in Nelspruit verower het, nie.

“Ons is net dankbaar vir die ondersteuning wat ons steeds kry,” het Ackermann gesê.

“Ek dink ons het gewys hier ís nog talent in die Leeus-kamp en hopelik kry ons die kans om dit op die pad vorentoe ook te wys.

“As jy in ag neem hoeveel spelers ons nog gaan terugkry en hoeveel hierdie groep van ons gegroei het, voorspel hierdie wonderlike dinge vir die pad vorentoe.

“Hopelik kry die spelers sommer baie selfvertroue hieruit,” het hy oor sy span se bekersege gesê.

Ackermann moes wel Vrydagaand toekyk hoe sy span vroeg met 0-10 agterloop, voordat hy beheer oor die wedstryd begin neem het en sodoende die Pumas tot foute begin dwing het.

“Ek is baie trots. Die span het net weer karakter gewys deur die wedstryd te jaag, gelyk te trek en toe die druk oor te plaas na die Pumas toe. Aan die begin was ons senuagtig en ons dissipline nie goed nie. Toe ons eers voorgeloop het, was die ouens baie kalm.

“Ons het in ons struktuur begin speel en toe ons voorspelers eers beheer neem, was die knoop deurgehak,” het Ackermann gesê.

* Vir Jimmy Stonehouse, breier van die Pumas, was die uitslag moeilik om te verwerk, maar hy was steeds in sy skik met die span se veldtog waartydens hy slegs teen die Leeus verloor het.

“Hul foutefaktor was net soveel beter as ons s’n. Maar dit gaan oor ondervinding. Baie van hulle ouens het ervaring van Super-rugby en al het die Leeus nie goed gedoen daarin nie, kry dit ’n speler eenvoudig op ’n ander vlak as hy weekliks daarin speel.

“In ’n eindstryd is die druk groter en dan moet jou foute minder wees,” het Stonehouse gesê.

Stonehouse was wel tevrede nadat hy as afrigter van die Suid-Afrikaanse Presidente-vyftiental, wat 11 Pumas-spelers insluit, gekies is. Dié span bestaan uit 28 spelers van Suid-Afrika se “kleiner unies” en speel van 7 tot 16 Junie in ’n toernooi in Georgië.