Kaapstad Verander Area

Vandag


19°C / 13°C

Wind 27km/h


Reënval 2.9mm


Humiditeit 58%

Vrydag


23°C / 13°C

Wind 36km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 46%

Saterdag


26°C / 16°C

Wind 34km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 51%

Sondag


27°C / 17°C

Wind 28km/h


Reënval 0.1mm


Humiditeit 53%

Maandag


19°C / 14°C

Wind 26km/h


Reënval 33.9mm


Humiditeit 90%

Dinsdag


22°C / 15°C

Wind 19km/h


Reënval 0.7mm


Humiditeit 78%

Nuusflitse
Klimmer sterf op Nepal-berg Eerste renoster in Etosha gestroop Taxi-eienaar doodgeskiet in Jhb-middestad Werkloosheid hier om te bly Twee mans aangekeer ná skietvoorval Toeristemoord: Mianmar-verdagtes gaan weer getoets word Duitse toeris dood in Australiese park gekry Vodacom: Klante se besonderhede glo bekendgemaak Ebola: Verpleegster in VSA weier kwarantyn Vermeende ontvoerder van meisie (13) vandag in hof Nóg bewyse dat Ellen Tshabalala jok oor graad Gesteelde skape in vrou se slaapkamer gevind Fransman sterf ná 56 sopies 14 dood, 300 vermis ná grondstorting in Sri Lanka ​Kommer oor TB en diabetes-epidemie Kiwi's gaan stem oor nuwe vlag ​Rusland bied hulp aan na vuurpyl-ontploffing ​VN aanvaar resolusie oor Kuba Hoogswanger Thandi Bocibo by hospitaal weggewys Vermiste Casandra Lottering (13) is gevind Die Leeu, die Jakkals en die Perske maak musiek Wilde sampioene maak gesin siek Ebola: Switsers sê ja vir eksperimentele entstof Sanger Bobby beroof Kroonprinses Masako hou eerste banket in 11 jaar Kambodja: Broers sterf in handgranaatontploffing Tienerseun vas wat kleuter glo verkrag, vermoor Chinese toeriste in Durban-ongeluk beseer Oscar Pistorius: 4 gronde vir appèl Wes-Kaap: Alan Winde wil grondhervorming aanpak Senzo Meyiwa: Gemeenskap moet die polisie help Seepunt: Telkom Direct is beroof Tweede tienermeisie sterf ná skietvoorval by skool 'Hiernamaals is te voorskriftelik' Regter maak prostituut stil in Dewani-saak Thailand gooi seksofferhande weg Senzo Meyiwa se moordenaars steeds op vrye voet Marcia Strassman sterf aan borskanker Demetri Catrakilis deel sy wenresep Noordwes: Boere skiet plaasaanvallers dood
Sport

Bulle se seisoen begin nóú eers

Deur Marco Botha Sondag 19 Mei 2013 10:29 nm.

PRETORIA. – Ná gerugte van ’n groter taaltwis in Durban as op Stellenbosch het die Haaie hulself Vrydagoggend ruk-ruk, maar stuk vir stuk teen die Force reggeruk.

En dít is teen daardie einste span dat die Bulle hul Superrugby-veldtog vandeesweek in Durban voortsit.

Die Ligbloues is tweede op die algehele puntelys, en nadat hulle ook ’n moeilike Australasiese toer gehad het, het hulle Saterdag teen die Highlanders ’n vyfde agtereenvolgende sege behaal.

Maar nou wag daar vyf agtereenvolgende plaaslike derbies op die Bulle. En hoewel hulle ’n stewige puntebuffer boaan die Suid-Afrikaanse puntelys het, gaan dit bloedsweet verg om aan die einde van die ligarondes steeds daar te wees.

En dis ’n belangrike plek op die lys. Want die top 2-spanne kwalifiseer vir ’n tuis-halfeindstryd, terwyl spanne 3 tot 6 in die kwarteindronde wens hulle het maar onder die twee voorstes getel.

Die stryd is dus yslik. En nog lank nie gewonne nie.

“Of die Haaie nou die naweek gewen of verloor het, bly Durban ’n baie moeilike plek om te speel,” het Pierre Spies Saterdag ná sy 100ste Super-stryd gesê.

“Hulle het nou hierdie sege oor die Force gekry, en dit sal hulle baie vertroue gee – veral ná die moeilike week wat hulle gehad het. Hulle sal hul veldtog in Durban op dreef wil kry,” het die Bul-kaptein gesê.

Dis onwaarskynlik maar nie onmoontlik vir die Haaie om soos verlede jaar hier uit die niet vir die uitspeelrondes te kwalifiseer nie. Daar is dus vir hulle baie op die spel, en die Durbaniete is meer kaas as dikmelk wanneer hulle tuis speel.

Sedert Frans Ludeke die Bulle se leisels in 2008 oorgevat het, het sy span wel twee van hul drie Super-wedstryde in Durban gewen. En tog is die uitdaging wat nou op hulle wag heelwat anders as dit wat hulle in onlangse weke oorkom het.

Hul laaste drie wedstryde was teen die Waratahs, Hurricanes en Highlanders. Die Aussies het in lynstane pak gekry, en die Kiwi-spanne het daardie sterkpunt van die Bulle daarom probeer vermy en toe op die grond slae gekry.

Maar nou het die Bulle te kampe met ’n span wat in albei daardie fasette goed is. Met ’n ligaprogram wat nog insluit die Haaie, Cheetahs, weer die Haaie, Kings en dan die Stormers het die Bulle se seisoen perdalks nou eers in alle erns begin . . .