Kaapstad Verander Area

Vandag


27°C / 17°C

Wind 19km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 58%

Woensdag


26°C / 17°C

Wind 13km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 68%

Donderdag


23°C / 15°C

Wind 37km/h


Reënval 0.1mm


Humiditeit 67%

Vrydag


26°C / 16°C

Wind 33km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 49%

Saterdag


27°C / 16°C

Wind 33km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 55%

Sondag


29°C / 17°C

Wind 24km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 52%

Sport

Haaie dalk sonder JP, maar twee Bokke reg

Deur Christo Buchner Sondag 19 Mei 2013 10:26 nm.

Duik vir ’n plek in Haaie-span. Die Bok-losskakel Butch James lyk uitgehonger om Super-rugby te speel. Foto: Steve Haag | Gallo Images

JOHANNESBURG. – ’n Liesbesering kan die Springbok JP Pietersen uit Saterdag se Super-stryd tussen die Haaie en die Bulle in Durban hou.

Pietersen, wat sy gereelde posisie van regtervleuel die afgelope twee weke vir dié van buitesenter verruil het op die Haaie se toer in Australasië, het sy lies beseer in die sege verlede Vrydag oor die Western Force in Perth.

Daar sal ook vroeg vandeesweek eers duidelikheid wees of Pietersen se sentermaat teen die Force, Meyer Bosman, die Bulle sal kan pak.

Hy het vermoedelik sy neus gebreek teen die Force en as dit wel die geval is, staar ’n senter-krisis die Haaie in die gesig voordat hulle die voorloper in die Suid-Afrikaanse afdeling van die reeks pak.

Die Bulle is met 46 ligapunte ’n allemintige 13 voor die Haaie (33), wat in die derde plek is, met die Cheetahs tweede op 40.

Die Haaie bevind hulle in die tiende plek op die gesamentlike punteleer.

Met Frans Steyn, Paul Jordaan en Tim Whitehead wat ook nog onder die beseerdes tel, kan dit ’n geval wees dat daar geraap en geskraap sal moet word om die middelveld te vul teen die Bulle.

Dit is die gereelde posisie van die Bulle-leenspeler Piet Lindeque, wat in sy laaste twee verskynings vir die Haaie, een daarvan as regtervleuel, indruk gemaak het.

Hy kan dus daar inskuif as Pietersen en Bosman nie beskikbaar is nie.

Butch James, wat sedert hy hom van die Leeus by die Haaie aangesluit het nog die hele seisoen uit aksie was, is nou ook reg om oorweeg te word.

Dit kan wees dat hy sommer dalk al teen die Bulle as senter oorweeg kan word. Dit is ’n posisie wat weens sy veelsydigheid nie vir dié Bok vreemd is nie.

Vir die eerste keer hierdie seisoen sal John Plumtree, die Haaie se afrigter, ook die naam van die Springbok-haker Bismarck du Plessis op sy spanlys kan neerskryf.

Die verwagting is dat Du Plessis eers op die bank sal sit.