Kaapstad Verander Area

Vandag


24°C / 15°C

Wind 37km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 62%

Saterdag


25°C / 15°C

Wind 36km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 53%

Sondag


28°C / 17°C

Wind 24km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 46%

Maandag


25°C / 16°C

Wind 28km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 63%

Dinsdag


25°C / 16°C

Wind 33km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 62%

Woensdag


22°C / 16°C

Wind 27km/h


Reënval 0.2mm


Humiditeit 77%

Nuusflitse
Twee vas ná Kagiso-rooftog Busongeluk in Nepal eis 14 Wapendepot van IS in Irak vernietig Polisie in New York met 'n byl aangeval Dokter vas nadat vrou op operasietafel sterf Ebola laat gesondheidswerker na Ivoorkus vlug Gasontploffing in Pole eis drie gesinslede Ebola: Japan se Clever-maatskappy skenk ‘slim’ gesigsmaskers Indië beskerm vlermuise teen vuurwerk Plaasaanval: Seun hardloop 3 km om hulp te soek Derek Swemmer verlaat Kovsies Kernkrag: SA en Rusland ontmoet in Drakensberge ‘Fotobom bom Collins-woordeboek’ Japanse staatslui gebruik departementsgeld in seksklub Rowers blaas kitsbank op, vlug met geld Vry word op Zimbabwe-kampus verbied KZN: Vrou sterf in tref-en-trap-ongeluk Oscar: Belastingbetalers gaan opdok OB benodig R64 miljoen Gat in staat se sak kan tot hoër belasting lei Senzo Mchunu se vrou moet uit pos bedank - IVP Snik, gemmerkoekies word geslagloos Indonesië onderskep Australiese vliegtuig Duitsland stuur tieners terug wat glo by IS wou aan sluit KZN-mans lank tronk toe vir verkragting Kerkramp: Suid-Afrikaners se lyke steeds nie terug nie Heyns-moordsaak: Broer gaan dalk teen broer getuig SOE: Wil nie Nkandla-eis instel teen Jacob Zuma Oscar Pistorius: Eerste dag in die tronk Bloemfonteiners is ongesond, Kapenaars gesond Joodse mans ontevrede oor vroue-advertensies 5 jaar vir Pistorius Wraak-porno: Facebook moet IP-adresse verskaf Neusselle laat verlamde man wéér loop Oscar se beproewing sal nóóit verby wees nie - Aimée Bejaarde egpaar al vier keer beroof Oscar de la Renta sterf Weduwee onthul hoe PW nee sê vir staatshulp
Sport

super-stryd teen highlanders

Volpunte vir Ligbloues

Sege én 4 drieë ná loslootjie

Deur Marco Botha Sondag 19 Mei 2013 10:31 nm.

Jano Vermaak van die Bulle op pad doellyn toe vir sy span se bonuspunt-drie in die Super-wedstryd tussen die Highlanders Saterdag op Loftus Versfeld in Pretoria Foto: Deaan Vivier

PRETORIA. – Die Bulle se handskrif kort ’n bietjie werk. Maar nogtans kry hulle vir dié toets volpunte.

’n Mens kan só kyk na hul Superrugby-sege van 35-18 (rustyd 23-6) Saterdag hier oor die Highlanders. Want dit het maar geraas en geblaas om eers in die 78ste minuut by lywe van Jano Vermaak ’n vierde drie vir ’n bonuspunt te druk.

Tussendeur was sake maar morsig. “Maar ons het die regte uitslag gekry,” het die breier Frans Ludeke gesê. “En as jy ná ’n loslootjie met ’n bonuspunt kan wen, sal ek dit enige dag vat.” Sy troepe het Saterdag in die tweede minuut al gedruk toe die Bulle hul eie afskop teruggewen en JJ Engelbrecht ná 14 fases gaan druk het.

Die Bulle het verlede week besluit om Dean Greyling (grieperig) te laat rus en om Bjorn Basson om dergelike redes net op die bank te kies. Want Ludeke het voorsien dat die wedstryd teen ’n hoë tempo gespeel sal word.

En so was dit ook. Veral omdat die Highlanders lynstane en rolmaalbewegings probeer vermy het deur die bal vinnig in te gooi of om dit doer oor die Bul-rankers se koppe díép in te gooi.

Deon Stegmann het homself egter op die grond laat geld. En Morné Steyn het die strafskoppe by die afbreekpunte stewellangs in ’n lekker puntebuffer omskep.

Maar verder het die Bulle geduik. En geduik. En die enigste plek waar dit lekker is om nét na lakwerk te kyk, is op YouTube.

Maar, benadruk Pierre Spies, dit is juis die Bulle se verdediging wat vanjaar vir hulle heelwat drieë besorg het. ’n Bevredigende balans.

“Ons verdedigingsafrigter, Pine Pienaar, verdien baie lof. Ons het vanjaar met verdediging ’n tree vorentoe gegee en dit vir ons laat werk, want goeie verdediging het vir ons soveel meer moontlikhede (op die aanval) geskep,” het hy gesê.

Drie naweke terug het dit twee onderskepdrieë behels. En dié keer Akona Ndungane s’n in die 38ste minuut. Chiliboy Ralepelle het die bal met ’n harde duikslag in sy eie kwartgebied laat los spat, waarna Dewald Potgieter, Engelbrecht en eindelik Ndungane die bal gehad het.

Die laaste aangee was erg verdag, maar die TV-skeidsregter het met rustyd aan Sport24 gesê dat hy nie genoeg bewyse tot sy beskikking gehad het om met sekerheid te sê dat die bal uit Engelbrecht se hande vorentoe was nie. Spies het kort ná rustyd sy eerste drie van die seisoen gedruk, maar daarna het sy span weer aan die duik gegaan en menige puntekans met vrot hantering ongedaan gemaak.

Vermaak, die plaasvervanger-skrumskakel, suiker toe in die 78ste minuut via die steelkant van ’n losskrum vir die doellyn en druk die Bulle se vierde drie.

Dit het moontlik onnodig harde werk geverg om die bonuspunt te kry. Maar soos Spies tereg sê, is dit bemoedigend om te sien dat die Bulle weer daardie vermoë het om tot teen die einde vir ’n goeie uitslag te werskaf.

* Punte: Bulle 35 (23): Drieë: JJ Engelbrecht, Akona Ndungane, Pierre Spies, Jano Vermaak. Doelskoppe: Steyn (3). Strafdoele: Steyn (3). Highlanders 18 (6): Drieë: Fumiaki Tanaka, Tamati Ellison. Doelskop: Hayden Parker. Strafdoele: Colin Slade (2).