Kaapstad Verander Area

Vandag


25°C / 15°C

Wind 35km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 53%

Sondag


28°C / 17°C

Wind 24km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 46%

Maandag


26°C / 17°C

Wind 28km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 65%

Dinsdag


26°C / 17°C

Wind 32km/h


Reënval 0.1mm


Humiditeit 63%

Woensdag


23°C / 15°C

Wind 17km/h


Reënval 0.4mm


Humiditeit 72%

Donderdag


21°C / 14°C

Wind 26km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 60%

Nuusflitse
Twee vas ná Kagiso-rooftog Busongeluk in Nepal eis 14 Wapendepot van IS in Irak vernietig Polisie in New York met 'n byl aangeval Dokter vas nadat vrou op operasietafel sterf Ebola laat gesondheidswerker na Ivoorkus vlug Gasontploffing in Pole eis drie gesinslede Ebola: Japan se Clever-maatskappy skenk ‘slim’ gesigsmaskers Indië beskerm vlermuise teen vuurwerk Plaasaanval: Seun hardloop 3 km om hulp te soek Derek Swemmer verlaat Kovsies Kernkrag: SA en Rusland ontmoet in Drakensberge ‘Fotobom bom Collins-woordeboek’ Japanse staatslui gebruik departementsgeld in seksklub Rowers blaas kitsbank op, vlug met geld Vry word op Zimbabwe-kampus verbied KZN: Vrou sterf in tref-en-trap-ongeluk Oscar: Belastingbetalers gaan opdok OB benodig R64 miljoen Gat in staat se sak kan tot hoër belasting lei Senzo Mchunu se vrou moet uit pos bedank - IVP Snik, gemmerkoekies word geslagloos Indonesië onderskep Australiese vliegtuig Duitsland stuur tieners terug wat glo by IS wou aan sluit KZN-mans lank tronk toe vir verkragting Kerkramp: Suid-Afrikaners se lyke steeds nie terug nie Heyns-moordsaak: Broer gaan dalk teen broer getuig SOE: Wil nie Nkandla-eis instel teen Jacob Zuma Oscar Pistorius: Eerste dag in die tronk Bloemfonteiners is ongesond, Kapenaars gesond Joodse mans ontevrede oor vroue-advertensies 5 jaar vir Pistorius Wraak-porno: Facebook moet IP-adresse verskaf Neusselle laat verlamde man wéér loop Oscar se beproewing sal nóóit verby wees nie - Aimée Bejaarde egpaar al vier keer beroof Oscar de la Renta sterf Weduwee onthul hoe PW nee sê vir staatshulp
Sport

Jacques vir Bulle verlore

Deur Marco Botha Dinsdag 21 Mei 2013 9:47 nm.

Jacques Potgieter

PRETORIA. – As die Bulle beoog om volgende jaar weer ’n musiekvideo te maak, sal dit sonder Jacques Potgieter se hees note moet wees.

Want hierdie Bok-flank is Maandag op sy versoek van sy kontrak met die Blou Bulle Maatskappy vrygestel en hy sal eersdaags ’n kontrak met ’n groot Britse klub onderteken.

Potgieter se kontrak hier is onlangs tot 2015 verleng, maar met die vergunning om aan die einde van hierdie Superrugby-seisoen vir ses maande in Japan te gaan speel. Daardie Japanse avontuur by die klub Sanix Blues gaan steeds voort, maar Potgieter sal nie daarna terugkeer Pretoria toe nie.

“Ek is verskriklik opgewonde oor wat vir my voorlê,” het hy gister aan Sport24 gesê. “My tyd by die Bulle was ongelooflik en ek is dankbaar vir elke afrigter en spanmaat wat deel van my lewe was.

“Ek wil egter ’n bietjie meer speelkans kry en verstaan heeltemal dat die losvoorspelers wat tans in die strukture is, vir die span werk,” het hy gesê.

Volgens Potgieter het hy lank met die Bul-breier, Frans Ludeke, gepraat. “Frans is ’n ongelooflike mens en ons kon soos vriende gesels. Eerlik. En hy het my sy volle ondersteuning gegee, wat vir my baie beteken.”

Potgieter het glo verskeie oorsese aanbiedinge gehad, maar die een waarop hy besluit het, is volgens hom ’n klub wat ’n “soortgelyke kultuur as die Bulle het” en waar hy maklik sal inpas. Hy vertrek oor twee weke oorsee om die proses af te handel. Intussen behoort hy net speelkans te kry as Dewald Potgieter of Arno Botha beseer raak.

“Ek het regtig nie daarmee pyne nie, want ek glo in wat die Bulle hier doen en regkry. Ek wou hierdie naweek sommer vir Pretoria Polisie in die Carltonliga speel. Ek mag ongelukkig nie, maar ’n rugbybal in my hande – maak nie saak op watter vlak nie – is vir my baie belangriker as enige geld. ’n Mens se loopbaan is so kort en ek wil uiteindelik daarop kan terugkyk en kan sê dat ek rugby om die regte redes geniet het,” het hy nog effe uitasem gesê kort nadat die Bulle gistermiddag klaar geoefen het.

* Wat die oefening self betref, het dit gelyk of Wynand Olivier vanoggend as die Bulle se binnesenter aangewys sal word vir Saterdag se wedstryd in Durban teen die Haaie.

Verskeie spelers het nie saamgeoefen nie, maar van die waarskynlike skuiwe sal Willie Wepener wees, wat weer in die 22-tal sal wees, Bjorn Basson op linkervleuel en Dean Greyling op loskopstut.

Zane Kirchner se ringvinger is steeds in ’n stut en hy kan dus nie oorweeg word nie. Die Bulle sal wel met 23 spelers na Durban vertrek en eers Vrydag ’n finale besluit oor Louis Fouché (heup) se beskikbaarheid neem.