Kaapstad Verander Area

Vandag


24°C / 15°C

Wind 19km/h


Reënval 0.2mm


Humiditeit 54%

Sondag


23°C / 16°C

Wind 19km/h


Reënval 0.2mm


Humiditeit 56%

Maandag


24°C / 16°C

Wind 19km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 60%

Dinsdag


23°C / 15°C

Wind 16km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 53%

Woensdag


24°C / 17°C

Wind 20km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 65%

Donderdag


23°C / 16°C

Wind 28km/h


Reënval 2.5mm


Humiditeit 68%

Sport

Maties in groep teen Leeus

Pine slyp span wat Franse 22-tal vervang

Deur Gerdie Karstens Dinsdag 28 Mei 2013 10:41 nm.

BLOEMFONTEIN. – Só sterk is die Bulle-geur in die Suid-Afrikaanse Barbarians-groep dat Steve Hofmeyr se treffer oor die Ligbloues met die opdrafslag teen die Leeus, op 7 Junie op Ellispark, gespeel kan word.

Die SA Baabaas pak die stiefkind van Suid-Afrikaanse rugby as plaasvervanger vir die Franse Barbarians, wat weens finansiële redes hul kragmeting in Johannesburg gekanselleer het.

Dit is die tweede internasionale span wat nie sy verpligting op die Leeus se wedstrydkalender nakom nie. Die Leeus se toer vroeër na Amerika is ook gekanselleer.

Die Leeus speel die naweek teen Samoa voordat hulle vir die Baabaas gasheer speel.

Dis ’n wedstryd wat tel as een van vele om op te skerp vir hul promosie-relegasie-stryd later vanjaar wanneer hulle weer Super-status sal probeer bekom.

Anders as die Baabaas-span wat onlangs met 0-19 in Londen teen Saracens vasgeval het, het die nuutgekose een nie minder nie as vier huidige spelers van die Bulle.

Vainon Willis, Clayton Blommetjies, Lohan Jacobs en Courtnall Skosan is deel van die groep, met die voormalige losskakel van die Bulle en Haaie Jacques-Louis Potgieter (Dax) en voormalige stut Bees Roux (Treviso) wat ook die groep gehaal het.

Asof dit nie genoeg is nie, word die Baabaas deur die verdedigingsafrigter van die Bulle, Pine Pienaar, afgerig, terwyl Wynie Strydom die spanbestuurder is.

Daar is darem ook Kaapse verteenwoordiging in dié uitnodigingspan, met twee Maties – Os Hamman en Myles Tucker – wat onder die voorspelers tel.

Die Baabaas wag nog om te hoor of ’n voormalige Leeus-kaptein, die stut JC van Rensburg, vir hulle gaan uitdraf teen sy ou spanmaats. Hy is na Frankryk op pad. Derick Minnie moet ook nog die jawoord gee.

As die Leeus besluit om Minnie terug te hou, sal Griekwas se Jonathan Adendorff in sy plek speel.

Die Griffons se veelsydige agterspeler Hansie Graaff is ook ingesluit en kan met sy teenaanvalle en flair vir die Baabaas goud werd wees.

* Baabaas-groep: Agterspelers: Darryl Veenendaal (Bedford), Hansie Graaff (Griffons), Vainon Willis (Bulle), Lohan Jacobs (Bulle), Francois Brummer (Cheetahs), Courtnall Skosan (Bulle), Jacques-Louis Potgieter (Dax), Paul Bosch (Montpellier), Luzuko Vulindlu (Griekwas), Clayton Blommetjies (Bulle). Voorspelers: Shaun Malton (Nottingham), DJ Terblanche (Pumas), Os Hamman (Maties), Myles Tucker (Maties), Derick Minnie (Leeus)/Jonathan Adendorff (Griekwas), JC Janse van Rensburg (Leeus), Jared Saunders (Saracens), Bees Roux (Treviso), Edwin Hewitt (Griekwas), Eoin Sherrif (Saracens), Corné Steenkamp (Pumas), Marnus Schoeman (Griekwas), Davon Raubenheimer (Cheetahs).