Kaapstad Verander Area

Vandag


22°C / 17°C

Wind 42km/h


Reënval 1.9mm


Humiditeit 65%

Donderdag


23°C / 15°C

Wind 19km/h


Reënval 6.4mm


Humiditeit 70%

Vrydag


23°C / 16°C

Wind 27km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 61%

Saterdag


27°C / 17°C

Wind 21km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 51%

Sondag


25°C / 16°C

Wind 18km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 61%

Maandag


23°C / 17°C

Wind 33km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 61%

Nuusflitse
China: 26 sterf in brand by steenkoolmyn IS ‘mees brutale bedreiging nog’ – Angela Merkel Steve Hofmeyr: Konsert glo R5 miljoen kwyt Man urineer in vliegtuig se gang Grypdief laat spaander met handsak, R5 000 Opgekapte lyk in Kampsbaai gevind Gedwonge verhuising staar advokate in die gesig Man ontevrede oor vroue-universiteite Seun kan nie matriek voltooi weens aanranding Boksombende help vir Blikkies met heupvervangings 'Eenhoring' kry groot belangstelling Munisipale Eskom-skuld buite beheer Eerste Italianer met Ebola ‘is stabiel’ Vermeende kaper geskiet, gewond Bomaanvalle in Nigerië eis minstens 45 Woonstelgebou stort ineen - 10 dood Pta-man skiet homself EFF-tugverslag dalk oorweeg Polisieman vas wat bewysstukke in barrakke bêre Kiesers begin stem in die Himalayas Hof bevind man is dalk ná dekades in tronk onskuldig Ferguson: Geweldpleging ná jurie besluit om polisieman nie te vervolg Don Steenkamp word weg van ander jeugdiges aangehou Julius Malema en wag in onderonsie Drie soldate in Kiëf doodgeskiet Bejaarde man vas ná hy tik smokkel Vier vas wat veiligheidsbeamptes beroof Anti-Israel groepe wil meer SA winkels boikot Sterker rand gaan petrolprys laat daal Staat se saak berus op sameswering - Dewani-advokaat O, wee ...hier kom die reën alweer Grusame vrouemoord: Bankier kan verrigtinge volg Pta-meisie hang haarself Bom by vlugbaltoernooi eis 45 Ouers verloor twee seuns in minder as 'n maand Foutiewe kragopwekker lei glo tot baba se dood Limpopo: OG het in April gewaarsku oor skolekos
Sport

Bolt begin; SA blits jag rekords

Deur Johan van Wyk Donderdag 30 Mei 2013 9:39 nm.

JOHANNESBURG. – Usain Bolt skop sy opmars na atletiek se wêreldkampioenskappe eerskomende Donderdag in Rome af . . . op dieselfde dag dat Suid-Afrika se jong blits Anaso Jobodwana in Oregon, Amerika, ’n aanslag op Morné Nagel se 11 jaar oue SA rekord in die 200 m maak.

Bolt het vanjaar nog net een keer gesig gewys – en toe in Jamaika op ’n klein byeenkoms met ’n beskeie 10.09 in die 100 weggespring. Die Amerikaner Tyson Gay het enkele dae tevore, ook in Jamaika, vanjaar se vinnigste 100-tyd (9.86) afgeblits.

In dié stadium vermy Bolt en Gay en Yohan Blake, Bolt se oefenmaat en wêreldkampioen, mekaar steeds soos die pes. Gay en Blake is nie op die wegspringrooster vir die Rome-Diamantliga nie.

Jobodwana neem van eerskomende Woensdag tot Saterdag in Eugene, Oregon, vir sy universiteit, Jackson State, aan die prestigeryke Amerikaanse studentekampioenskappe (NCAA) deel. Hy hardloop Woensdag in die 100-halfeind; Donderdag in die 200-halfeind; Vrydag in die 100-eind en Saterdag in die 200-eind.

Hy het die afgelope naweek in Greensboro by ’n studentebyeenkoms in sowel die 100 (10.10) as 200 (20.13) sy persoonlike beste tye opgestel.

Albei tye is op die drumpel van SA rekords.

Die 100-rekord (10.06) staan al sedert 1988 agter Johan Rossouw se naam – Simon Magakwe het dit verlede jaar geëwenaar – en in die 200 het nog net Morné Nagel (20.11 in 2002) vinniger genael.

Jobodwana het in die 200 tot die derde plek op vanjaar se wêreldlys verbeter: net die Jamaikane Nickel Ashmeade (20.00) en Warren Weir (20.11) is al vanjaar vinniger as hy.

In die 100 is hy nou nommer 21 op vanjaar se wêreldlys.

* Eerskomende Saterdag in Oregon neem net een Suid-Afrikaanse swaeltjie, die spiesgooier Sunette Viljoen, aan die Prefontaine Classic-Diamanliga deel.

Sunette het laas Saterdag by die New York-Diamantliga met ’n swak sewende plek (57.87) in bibberweer geëindig.

Donderdag in Rome is Viljoen weer in aksie – saam met haar SA landgenote André Olivier (800) en Lehann Fourie (110-hekkies).