Kaapstad Verander Area

Vandag


24°C / 15°C

Wind 37km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 62%

Saterdag


25°C / 15°C

Wind 36km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 53%

Sondag


28°C / 17°C

Wind 24km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 46%

Maandag


25°C / 16°C

Wind 28km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 63%

Dinsdag


25°C / 16°C

Wind 33km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 62%

Woensdag


22°C / 16°C

Wind 27km/h


Reënval 0.2mm


Humiditeit 77%

Nuusflitse
Twee vas ná Kagiso-rooftog Busongeluk in Nepal eis 14 Wapendepot van IS in Irak vernietig Polisie in New York met 'n byl aangeval Dokter vas nadat vrou op operasietafel sterf Ebola laat gesondheidswerker na Ivoorkus vlug Gasontploffing in Pole eis drie gesinslede Ebola: Japan se Clever-maatskappy skenk ‘slim’ gesigsmaskers Indië beskerm vlermuise teen vuurwerk Plaasaanval: Seun hardloop 3 km om hulp te soek Derek Swemmer verlaat Kovsies Kernkrag: SA en Rusland ontmoet in Drakensberge ‘Fotobom bom Collins-woordeboek’ Japanse staatslui gebruik departementsgeld in seksklub Rowers blaas kitsbank op, vlug met geld Vry word op Zimbabwe-kampus verbied KZN: Vrou sterf in tref-en-trap-ongeluk Oscar: Belastingbetalers gaan opdok OB benodig R64 miljoen Gat in staat se sak kan tot hoër belasting lei Senzo Mchunu se vrou moet uit pos bedank - IVP Snik, gemmerkoekies word geslagloos Indonesië onderskep Australiese vliegtuig Duitsland stuur tieners terug wat glo by IS wou aan sluit KZN-mans lank tronk toe vir verkragting Kerkramp: Suid-Afrikaners se lyke steeds nie terug nie Heyns-moordsaak: Broer gaan dalk teen broer getuig SOE: Wil nie Nkandla-eis instel teen Jacob Zuma Oscar Pistorius: Eerste dag in die tronk Bloemfonteiners is ongesond, Kapenaars gesond Joodse mans ontevrede oor vroue-advertensies 5 jaar vir Pistorius Wraak-porno: Facebook moet IP-adresse verskaf Neusselle laat verlamde man wéér loop Oscar se beproewing sal nóóit verby wees nie - Aimée Bejaarde egpaar al vier keer beroof Oscar de la Renta sterf Weduwee onthul hoe PW nee sê vir staatshulp
Sport

Doelvraat Sulette nie in Protea-groep

Deur Marizanne Kok Donderdag 30 Mei 2013 9:32 nm.

JOHANNESBURG. – Die Suid-Afrikaanse vroue-hokkiespan sal aanstaande maand een van sy grootste uitdagings van die jaar sonder een van sy vernaamste angels aandurf.

Die kragtige Potchefstroomse speler Sulette Damons tel nie onder die 18 vroue wat in Junie in Brittanje gaan toer nie, omdat sy volgens Fabian Gregory (hulpafrigter) studieverpligtinge het.

Damons se vaart en kreatiwiteit op die aanval het haar die afgelope drie seisoene een van die staatmakers in die Proteas-groep gemaak. Haar afwesigheid is ’n groot slag, maar gelukkig geen doodskoot vir die Proteas se aspirasies in aanstaande maand se Wêreldliga-halfeindronde nie.

Die Suid-Afrikaners sal in dié toernooi te staan kom teen gevaarlike spanne soos Australië, Argentinië en Engeland, maar het op papier genoeg dinamiet vir dié ysters.

Die skerpste pyl in die koker is die veteraan Pietie Coetzee, wat spog met 262 internasionale doele in soveel toetse. Bernie Coston, Tarryn Bright en Dirkie Chamberlain het ook tot dusver dié seisoen die doele laat inrol en sal hopelik in Brittanje daarop voortbou.

Die Proteas sal tydens hul ekskursie in Skotland en Engeland in aksie wees in toetse teen Ierland (11 Junie), Skotland (13, 15 en 16 Junie) en moontlik Argentinië, voordat hulle op 22 Junie met hul aanslag in die halfeindronde van die Wêreldliga begin.

* Die Proteas se groep is: Sanani Mangisa, Phume Mbande, Lenise Marais, Marcelle Keet, Nicolene Terblanche, Illse Davids, Shelley Russell, Tarryn Bright, Pietie Coetzee, Quanita Bobbs, Bernie Coston, Dirkie Chamberlain, Jade Mayne, Tanya Britz, Lilian du Plessis, Izelle Lategan, Kelly Madsen, Marsha Marescia.