Kaapstad Verander Area

Vandag


23°C / 14°C

Wind 34km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 45%

Saterdag


26°C / 16°C

Wind 31km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 50%

Sondag


25°C / 15°C

Wind 25km/h


Reënval 0.3mm


Humiditeit 60%

Maandag


20°C / 14°C

Wind 28km/h


Reënval 44.9mm


Humiditeit 82%

Dinsdag


23°C / 15°C

Wind 17km/h


Reënval 1.2mm


Humiditeit 71%

Woensdag


23°C / 16°C

Wind 27km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 64%

Nuusflitse
4 werkers sterf toe brug ineenstort Man val laerskoolkinders met mes aan 4 mense dood en 14 beseer in ongelukke op Van Reenenspas Sataniste soek swart katte in Hongarye Man dood in Tafelberg-tragedie Zambiër vas oor hy in lug skiet ná president se dood ‘Hongarye sit internetbelasting eers op ys’ Miley Cyrus se rok skok Man ontnugter met droomvrou, wurg haar Rowers grawe tonnel om bank te beroof Vermeende verkragter gesoek MH370: Seuns dagvaar oor pa se “dood” Beroemde bokskryt glo gesteel Thuli Madonsela: Jy's nie bo die reg, JZ 13-jarige ontvoer: 'Toestande in ouerhuis nie noodwendig sleg' Steve Hofmeyr ken nie apartheid - Virginia Keppler Klimmer sterf op Nepal-berg Eerste renoster in Etosha gestroop Taxi-eienaar doodgeskiet in Jhb-middestad Werkloosheid hier om te bly Twee mans aangekeer ná skietvoorval Toeristemoord: Mianmar-verdagtes gaan weer getoets word Duitse toeris dood in Australiese park gekry Vodacom: Klante se besonderhede glo bekendgemaak Ebola: Verpleegster in VSA weier kwarantyn Vermeende ontvoerder van meisie (13) vandag in hof Nóg bewyse dat Ellen Tshabalala jok oor graad Gesteelde skape in vrou se slaapkamer gevind Fransman sterf ná 56 sopies 14 dood, 300 vermis ná grondstorting in Sri Lanka ​Kommer oor TB en diabetes-epidemie Kiwi's gaan stem oor nuwe vlag ​Rusland bied hulp aan na vuurpyl-ontploffing ​VN aanvaar resolusie oor Kuba Hoogswanger Thandi Bocibo by hospitaal weggewys Vermiste Casandra Lottering (13) is gevind Die Leeu, die Jakkals en die Perske maak musiek Wilde sampioene maak gesin siek Ebola: Switsers sê ja vir eksperimentele entstof Sanger Bobby beroof Kroonprinses Masako hou eerste banket in 11 jaar Kambodja: Broers sterf in handgranaatontploffing Tienerseun vas wat kleuter glo verkrag, vermoor Chinese toeriste in Durban-ongeluk beseer Oscar Pistorius: 4 gronde vir appèl Wes-Kaap: Alan Winde wil grondhervorming aanpak Senzo Meyiwa: Gemeenskap moet die polisie help
Sport

moet skotland en italië eers klop

Samoane soek Bokke se kop

Deur Pieter Jordaan Donderdag 30 Mei 2013 9:59 nm.

Kane Thompson, slot van Samoa, gister by sy span se eerste oefening in Suid-Afrika. Die Samoane pak die Leeus môre in Johannesburg. Foto: Christiaan Kotze

JOHANNESBURG. – Die Bok se kop is die groot trofee waarop Samoa in Junie jag maak, maar om net teen die Springbokke te kan speel, is dié gewilde eilandspan se hoofdoelwit.

Dié toerspan het gister hier by St. Peters-kollege voorberei vir môre se wedstryd op Ellispark teen die Goue Leeus, wat as slypkans dien vir drie toetswedstryde wat die Samoane oor die komende weke op Suid-Afrikaanse bodem speel.

Volgens die toernooi se formaat gaan Samoa egter nie noodwendig teen Suid-Afrika te staan kom nie en sal oorwinnings in sy voorafgaande toetse in Durban en Nelspruit teen Skotland en Italië straks nodig wees om net te kwalifiseer vir ’n moontlike “eindstryd” teen die Bokke op 22 Junie.

“Dit is ons hele mikpunt: Om teen die Bokke ín Suid-Afrika te speel. In ons tuisland is dit die grootste eer om teen Nieu-Seeland, Australië of Suid-Afrika te speel.

“Maar ons het ander groot berge om te versit voor ons aan Suid-Afrika dink. In agt toetse teen Skotland het ons nog nooit gewen nie en dan wag Italië – ’n span wat Frankryk onlangs geklop het,” het Samoa se afrigter, Stephen Betham, gister gesê.

Betham het nietemin ’n span vol sterspelers van sowel Super-rugby as die Engelse Premierliga en die Franse Top 14 gekies.

Aan fisieke grootte het die groep natuurlik nie ’n tekort nie en by gister se oefening sou jy wonder hoekom die slotte hangskoppe vanuit die kassie oefen – totdat jy daarop gewys is dat dit wél skrumskakels is waarna jy kyk. Of hierdie dalk selfs die sterkste Samoaanse toergroep tot nog toe in Suid-Afrika is, wou Betham hom nie uitlaat nie, maar hy glo die groep is toegerus om die toetse te wen wat ’n Bok-stryd as beloning kan hê.

“Aan die begin het ons ’n baie sterk groep gekies, ja. Maar ongelukkig het ons intussen vyf of ses sleutelspelers gehad wat weens verskillende redes moes onttrek.

“Tog is ons bo Skotland én Italië (op die wêreldranglys) en wil dit graag so hou,” het die breier verduidelik.

Onder die spelers wat nie meer saamtoer nie, is die invloedryke skrumskakel, Kahn Fotuali’i, die flank Maurie Fa’asavalu, die senter George Pisi en die kaptein en vleuel, David Lemi.

Die groot senter Paul Williams, seun van die All Black-legende Bryan Williams, gaan Samoa nou op die toer aanvoer.

Daar is wel ander sterspelers, soos die makrovleuel Alesana Tuilagi en die Hurricanes-trio van Jack Lam, Alapati Leiua en Tusi Pisi wat die Italianers, Skotte en selfs die Bokke op hul tone gaan hou. Sommige van die spelers sluit egter eers volgende week by die toergroep aan.

* Vir Samoa is die fokus nou eers op môre se wedstryd teen die Leeus – ’n kragmeting wat ook vir die Leeus ’n goeie maatstaf sal wees oor hul vordering in die aanloop tot ’n promosie-relegasiestryd vir Super-rugby.