Kaapstad Verander Area

Vandag


26°C / 17°C

Wind 27km/h


Reënval 0.7mm


Humiditeit 59%

Dinsdag


26°C / 16°C

Wind 37km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 51%

Woensdag


32°C / 18°C

Wind 27km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 40%

Donderdag


33°C / 18°C

Wind 19km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 43%

Vrydag


25°C / 19°C

Wind 23km/h


Reënval 0.8mm


Humiditeit 56%

Saterdag


25°C / 15°C

Wind 34km/h


Reënval 0.1mm


Humiditeit 47%

Nuusflitse
​Nigeriërs in hof ná dwelmklopjag ​Onsekerheid of lasbrief vir Zuma se seun uitgereik is ​Sir David Graaff oorlede ​Man verdrink by Coney Glen in Knysna ​Man met steekwonde vas aan boom gevind ​Japanse premier ‘sprakeloos’ ná onthoof-video ​Ruimtetuig op Mars gevind Vroue sterf toe muur op hulle val Dominee sterf ná fratsongeluk Tiener vas ná vroue op Tafelberg beroof is Filippyne-ontploffing eis 1, 37 gewond Soweto-plundery: Meer as 150 in hegtenis Anwa Dramat se skorsing onwettig verklaar Motorbrand-tragedie: 2 seuns sterf Britse vrou sterf in Thailand weens borsinfeksie Jackie Selebi sterf in Pretoria 5 stories wat jy nie mag mis nie ​Tyd raak min vir Japanse gyselaars Marthinus dalk gou ambassadeur in Griekeland Prins Andrew ontken in openbaar seksaantygings Koning van Saoedi-Arabië sterf Swak dienslewering knou Brandfort Dwelms: Jhb-man kry doodstraf op verjaarsdag Antraks-dreigement in Centurion Tronkbewaarders gesteek in moontlike ‘benderitueel’ Soweto-geweld: 68 in hegtenis Kaalbors en terug op bl. 3! Tony Ehrenreich van Cosatu wil sy geld uitdeel Mense speel ‘slagter’ toe voertuig met beeste omslaan 2 sterf toe man handgranaat in polisiestasie gooi Oudlanddros se kinders verwyder WhatsApp nou op rekenaar Man skiet glo Boston-dokter uit wraak Polisiekaptein vas oor hy glo wapens aan rowers leen Verkeersbeamptes dreig vrou oor R3,50 vir parkering Zuma praat oor kragkrisis Vrou sê man wou haar 'lelik' maak met suur
Sport

dis toetsrugby in bloem

80 min. van álles gee

Bulle van ouds, nuwe Cheetahs slaags in duik-en-druk-stryd in Super-aanslag

Deur Marco Botha Vrydag 31 Mei 2013 22:43

Wessel Roux, een van die Bulle se hulpafrigters, gee raad by 'n skrumsessie vroeër vandeesweek. Foto: Christiaan Kotze

PRETORIA. – As goeie verdediging net die som is van hoe min drieë ’n span afstaan, is daar bra min verskil tussen rugby en daardie kinderspel krappe-en-kraaie.

En as dit die volledige definisie van goeie lakwerk is, is die Stormers vanjaar weer die beste verdedigende span in die Superreeks. Hulle het immers in 12 wedstryde net 16 drieë afgestaan, waarvoor Jacques Nienaber meer lof as enigiemand anders in daardie bestuurspan verdien. Want dit wat hy afrig, doen die Stormers baie goed.

Maar verdediging het ’n kort raklewe in so ver dit genot kan verskaf om mense te duik. Want die motivering vir goeie verdediging kan nie net wees om min drieë af te staan nie. Maar, en dalk primêr, hoeveel drieë jy daarmee kan druk.

En dit is omdat die Bulle en Cheetahs vanjaar met goeie verdediging soveel druk én gevolglik omgekeerde besit afgedwing het, dat hulle die enigste Suid-Afrikaanse spanne is wat nog vir die uitspeelrondes kan kwalifiseer.

Van die Cheetahs se 32 drieë is 20 van omgekeerde besit gedruk. En wat maak hulle nou die eerste keer ’n gedugte Superrugby-span? Taktiese vernuf met die skopvoet en klem op goeie verdediging, wat hul ou deug om uit gebroke spel skade te maak, aanvul.

Hulle het wel 24 drieë afgestaan, maar wie gee nou regtig om as jy self meer druk en jou wedstryde wen? Wanneer hulle vanaand in die Vrystaat-stadion teen die Bulle uitdraf, sal dit met baie selfvertroue wees. Dis interessant dat albei spanne vanjaar met eenderse sterkpunte en klem speel.

Die Bulle het al 29 drieë gedruk, waarvan 11 van omgekeerde besit. Hulle maak op Morné Steyn se skopstewel en oordeel staat om hulle op beter plekke op die veld te kry, waar die Bulle die skopkegel of goeie lynstane en/of knap verdediging as doeltreffende aanvalswapens kan gebruik.

Die belangrike ding is om in jou teenstander se gebied te kom, om besit dan te kan omkeer én om te weet wat jy met die bal kan maak – iets wat die Bulle en Cheetahs van die Stormers en hul geïsoleerd goeie verdediging onderskei.

Wat kan jy verwag? Eerstens, twee spanne wat presies weet wat om van mekaar te verwag. Dus goeie vaste fasette. Sterk baldraers. ’n Goeie skopplan. Hardnekkige lakwerk. En individue wat uit gebroke spel drieë kan druk.

Want dít is waarom hulle verdedig en skop. Vir daardie kanse. ’n Oomblik van briljantheid kan dalk iewers vir ’n aanskoulikheid sorg. In daardie opsig het die Cheetahs die oorhand.

Maar in amperse toetsrugby soos hierdie is die Bulle ’n ou hand. Die wedstryd sal dalk daarom oor 80 minute se armdrukkery, eerder as in een oomblik ’n baas kry.

* Cheetahs: Hennie Daniller, Raymond Rhule, Johann Sadie, Robert Ebersohn, Willie le Roux, Elgar Watts, Piet van Zyl, Philip van der Walt, Lappies Labuschagné, Heinrich Brüssow, Francois Uys, Lood de Jager, Lourens Adriaanse, Adriaan Strauss (k), Coenie Oosthuizen. PLAASVERVANGERS: Ryno Barnes, Trevor Nyakane, Ligtoring Landman, Boom Prinsloo, Sarel Pretorius, Riaan Smit, Rayno Benjamin. 

Bulle: Jürgen Visser, Lionel Mapoe, JJ Engelbrecht, Jan Serfontein, Bjorn Basson, Morné Steyn, Francois Hougaard, Pierre Spies (k), Arno Botha, Deon Stegmann, Juandré Kruger, Flip van der Merwe, Werner Kruger, Chiliboy Ralepelle, Dean Greyling. PLAASVERVANGERS: Callie Visagie, Frik Kirsten, Grant Hattingh, Dewald Potgieter, Jano Vermaak, Louis Fouché, Zane Kirchner.

Skeidsregter: Jason Jaftha.

Video: Het die Cheetahs genoeg mojo om die Bulle te troef?