Kaapstad Verander Area

Vandag


25°C / 15°C

Wind 37km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 52%

Sondag


27°C / 17°C

Wind 24km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 46%

Maandag


26°C / 16°C

Wind 29km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 65%

Dinsdag


25°C / 16°C

Wind 33km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 62%

Woensdag


23°C / 15°C

Wind 28km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 69%

Donderdag


22°C / 15°C

Wind 35km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 64%

Nuusflitse
Iran hang vrou wat vermeende verkragter vermoor Winter gaan swaar wees in Oekraïne, waarsku VN TB Joshua skenk begrafnisgeld TLC haal Honey Boo Boo van die lug Tweejarige sterf in Mali weens Ebola Twee vas ná Kagiso-rooftog Busongeluk in Nepal eis 14 Wapendepot van IS in Irak vernietig Polisie in New York met 'n byl aangeval Dokter vas nadat vrou op operasietafel sterf Ebola laat gesondheidswerker na Ivoorkus vlug Gasontploffing in Pole eis drie gesinslede Ebola: Japan se Clever-maatskappy skenk ‘slim’ gesigsmaskers Indië beskerm vlermuise teen vuurwerk Plaasaanval: Seun hardloop 3 km om hulp te soek Derek Swemmer verlaat Kovsies Kernkrag: SA en Rusland ontmoet in Drakensberge ‘Fotobom bom Collins-woordeboek’ Japanse staatslui gebruik departementsgeld in seksklub Rowers blaas kitsbank op, vlug met geld Vry word op Zimbabwe-kampus verbied KZN: Vrou sterf in tref-en-trap-ongeluk Oscar: Belastingbetalers gaan opdok OB benodig R64 miljoen Gat in staat se sak kan tot hoër belasting lei Senzo Mchunu se vrou moet uit pos bedank - IVP Snik, gemmerkoekies word geslagloos Indonesië onderskep Australiese vliegtuig Duitsland stuur tieners terug wat glo by IS wou aan sluit KZN-mans lank tronk toe vir verkragting Kerkramp: Suid-Afrikaners se lyke steeds nie terug nie Heyns-moordsaak: Broer gaan dalk teen broer getuig SOE: Wil nie Nkandla-eis instel teen Jacob Zuma Oscar Pistorius: Eerste dag in die tronk
Sport

Ebersohn en sadie moet staal wys teen serfontein, engelbrecht

Bok-proewe in Bloem

Watertand-stryd in middelveld tussen Cheetahs en Bulle

Deur Jóhann Thormählen Vrydag 31 Mei 2013 10:21 nm.

Die Cheetahs-senterpaar van Robert Ebersohn (links) en Johann Sadie sal vandag kwaai teen die Bulle se Jan Serfontein en JJ Engelbrecht getoets word. Foto: Charl Devenish

BLOEMFONTEIN. – ’n Springbok, ’n Blitsbok, die Internasionale Rugbyraad se Junior Speler van 2012 en ’n voormalige Bul wat weer in die Rosestad sy spiere begin bult het.

Dit is die bestanddele vir ’n watertand Super-middelveldstryd vandag hier in die Vrystaat-stadion wanneer die Cheetahs en die Bulle slaags is.

Drie van dié manne – Robert Ebersohn, Jan Serfontein en JJ Engelbrecht – was by die onlangse Bok-oefenkamp. En as dit nie vir die onsuksesvolle draai was wat Johann Sadie in die Jakarandastad gemaak het nie, was hy waarskynlik ook daar.

Volgens Ebersohn is Sadie die ideale buitesenter en neem hy op die ingewing van die oomblik die regte besluite. Hy het juis verlede naweek teen die Southern Kings, toe hy twee drieë gedruk het, weer ’n slag gelyk na die senter duisend wat die Stormers destyds vir Pretoria verlaat het.

Sadie sal egter vandag die uitdaging hê om verby sy voormalige Kaapse én Bul-spanmaat, Engelbrecht, se duikslae te kom – iets waarmee Ebersohn meen Engelbrecht baie verbeter het.

Die Cheetahs-onderkaptein het gesê Serfontein en Engelbrecht vorm ’n gedugte Bulle-senterpaar.

“JJ het baie gewerk aan sy verdediging. Ek kan dink dat die skuif van vleuel na buitesenter vir hom moeilik sou wees, want volgens my is buitesenter die moeilikste posisie om in te verdedig. Maar van verlede jaar tot nou het JJ miskien die grootste tree vorentoe gegee wat sy verdediging betref.”

Ebersohn en Sadie speel egter ook al beter saam en sal nie terugstaan nie.

“Hy (Sadie) is uit en uit ’n buitesenter. Hy besluit nie voor die tyd wat hy gaan doen nie,” het Ebersohn gesê.

“Hy is baie bedrieglik en wissel sy spel goed af.

“Hy besluit baie laat en dit is vir my goed van hom. Hy speel die situasie.”

Ebersohn se tweestryd met Serfontein, wat albei oud-leerlinge van Grey-kollege hier is, kan opsigself as Bok-proewe beskou word. Hulle was egter nooit saam in Grey nie, aangesien Serfontein hom eers later in sy hoërskoolloopbaan vanaf Grey-hoërskool in Port Elizabeth in Bloemfontein gevestig het.

“By die eerste Bok-oefenkamp het ek en Jan baie gesels en ons het goed oor die weg gekom.

“Hy is ’n baie nederige, stil en teruggetrokke ou. En op die veld is hy ’n yster.”

* Cheetahs: Hennie Daniller, Raymond Rhule, Johann Sadie, Robert Ebersohn, Willie le Roux, Elgar Watts, Piet van Zyl, Philip van der Walt, Lappies Labuschagné, Heinrich Brüssow, Francois Uys, Lood de Jager, Lourens Adriaanse, Adriaan Strauss (k), Coenie Oosthuizen. PLAASVERVANGERS: Ryno Barnes, Trevor Nyakane, Ligtoring Landman, Boom Prinsloo, Sarel Pretorius, Riaan Smit, Rayno Benjamin.

Bulle: Jürgen Visser, Lionel Mapoe, JJ Engelbrecht, Jan Serfontein, Bjorn Basson, Morné Steyn, Francois Hougaard, Pierre Spies (k), Arno Botha, Deon Stegmann, Juandré Kruger, Flip van der Merwe, Werner Kruger, Chiliboy Ralepelle, Dean Greyling. PLAASVERVANGERS: Callie Visagie, Frik Kirsten, Grant Hattingh, Dewald Potgieter, Jano Vermaak, Louis Fouché, Zane Kirchner.

Skeidsregter: Jason Jaftha