Kaapstad Verander Area

Vandag


22°C / 14°C

Wind 12km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 74%

Donderdag


22°C / 15°C

Wind 32km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 69%

Vrydag


23°C / 15°C

Wind 37km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 61%

Saterdag


24°C / 14°C

Wind 37km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 52%

Sondag


27°C / 16°C

Wind 24km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 48%

Maandag


24°C / 16°C

Wind 35km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 62%

Nuusflitse
Mthembu steeds in intensiewe sorg – ANC Man tronk toe wat stiefdogter verkrag Nene: Staat se gordel sal styf ingetrek word Man sterf toe hy van afleweringsvoertuig val Senzo Mchunu se vrou moet uit pos bedank - IVP Snik, gemmerkoekies word geslagloos Indonesië onderskep Australiese vliegtuig Duitsland stuur tieners terug wat glo by IS wou aan sluit KZN-mans lank tronk toe vir verkragting Kerkramp: Suid-Afrikaners se lyke steeds nie terug nie Heyns-moordsaak: Broer gaan dalk teen broer getuig SOE: Wil nie Nkandla-eis instel teen Jacob Zuma Oscar Pistorius: Eerste dag in die tronk Bloemfonteiners is ongesond, Kapenaars gesond Joodse mans ontevrede oor vroue-advertensies 5 jaar vir Pistorius Wraak-porno: Facebook moet IP-adresse verskaf Neusselle laat verlamde man wéér loop Oscar se beproewing sal nóóit verby wees nie - Aimée Bejaarde egpaar al vier keer beroof Oscar de la Renta sterf Weduwee onthul hoe PW nee sê vir staatshulp Panda's gee bewaarder grys hare Vier mans vas ná suuraanvalle op vroue Seun kritiek ná partytjie-verkragting WGO verklaar Nigerië Ebola-vry Britse toeristemoord: Verdagtes glo fisiek mishandel Japan: Twee vroueministers bedank weens korrupsie Indiese marathon ontaard in klug China skenk voedsel vir Ebola-lande Somerset-Wes: Vroue-rower skiet wag JZ: Waarom kritiek oor Nkandla - wat van PW? Texas: Ebola-personeel hoor vandag
Sport

Duminy slaan twyfel oor fiksheid vir ’n ses

Deur Johann de Jager Vrydag 31 Mei 2013 10:57 nm.

BLOEMFONTEIN. – JP Duminy het enige twyfel oor die hakseningbesering wat hom vir bykans sewe maande buite aksie gehad het, gister letterlik vir ’n ses gemoker.

Die uitgehongerde hotklou het sy terugkeer tot die spel met ’n onoorwonne 150 van net 119 balle in die Proteas se sege met 84 lopies in ’n oefenwedstryd teen Nederland gevier – sy hoogste tot nog toe in ’n eendagkrieket-wedstryd.

Hoewel Duminy eers met die 59ste aflewering na hom sy eerste grenshou gemoker het, het hy die skare in Amstelveen later met vyf viere en agt sesse trakteer.

Faf du Plessis (62*, 42 balle) was ewe vernietigend nadat hy wedstrydloos van die Indiese Premierliga teruggekeer het.

Die flitsende kolwe van Duminy en Du Plessis was die enigste donderweer by die VRA-veld waar die reën weggebly het.

Hulle het onder meer 119 lopies van die laaste 6 boulbeurte gemoker om die Proteas tot by 341/3 te neem. Nederland is daarna, in die afwesigheid van die Proteas-grofgeskut, tot 257/9 beperk.

Eric Szwarczynski (98), wat in Vanderbijlpark gebore is, het sy eerste honderdtal net misgeloop. Hy is uitgehardloop toe sy kolfmaat se dryfhou aan sy kant deur Farhaan Behardien (2/35) op die paaltjies gedeflekteer is.

Duminy se vertoning was baie gerusstellend, siende dat die span van volgende week in die toernooi om die Kampioene-trofee sonder senior kolwers soos Graeme Smith en Jacques Kallis sal wees.

Duminy (1/22) het reeds in sy tweede boulbeurt gewys dat hy ook met vrug in die toernooi as draaier ingespan kan word.

Hy was ná die tyd heel ingenome met sy vertoning in die proeflopie.

“Dit was die ideale terugkeer, maar ek wil nie te veel spog daarmee nie.

“Daar was goeie dinge daarin en daar was dinge waaraan nog gewerk kan word. Nederland is, bygesê, ook nie die sterkste teenstander nie.”

Die Proteas-aanvangskolwers Alviro Petersen (6) en Hashim Amla (20) is vroeër goedkoop uitgehaal. Colin Ingram (82) en Duminy het op 38/2 byeengekom en 151 om die derde paaltjie aangeteken.

Du Plessis het hom ook mooi ingegrawe voordat hy losgetrek het.

* Suid-Afrika speel Maandag in Londen nog ’n losmaker, teen Pakistan. (Bykomende bron: espncricinfo.com)