Kaapstad Verander Area

Vandag


25°C / 16°C

Wind 31km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 50%

Sondag


26°C / 16°C

Wind 29km/h


Reënval 0.1mm


Humiditeit 53%

Maandag


20°C / 16°C

Wind 27km/h


Reënval 25.8mm


Humiditeit 88%

Dinsdag


22°C / 15°C

Wind 17km/h


Reënval 2.7mm


Humiditeit 74%

Woensdag


23°C / 15°C

Wind 30km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 60%

Donderdag


30°C / 18°C

Wind 22km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 46%

Nuusflitse
4 werkers sterf toe brug ineenstort Man val laerskoolkinders met mes aan 4 mense dood en 14 beseer in ongelukke op Van Reenenspas Sataniste soek swart katte in Hongarye Man dood in Tafelberg-tragedie Zambiër vas oor hy in lug skiet ná president se dood ‘Hongarye sit internetbelasting eers op ys’ Miley Cyrus se rok skok Man ontnugter met droomvrou, wurg haar Rowers grawe tonnel om bank te beroof Vermeende verkragter gesoek MH370: Seuns dagvaar oor pa se “dood” Beroemde bokskryt glo gesteel Thuli Madonsela: Jy's nie bo die reg, JZ 13-jarige ontvoer: 'Toestande in ouerhuis nie noodwendig sleg' Steve Hofmeyr ken nie apartheid - Virginia Keppler Klimmer sterf op Nepal-berg Eerste renoster in Etosha gestroop Taxi-eienaar doodgeskiet in Jhb-middestad Werkloosheid hier om te bly Twee mans aangekeer ná skietvoorval Toeristemoord: Mianmar-verdagtes gaan weer getoets word Duitse toeris dood in Australiese park gekry Vodacom: Klante se besonderhede glo bekendgemaak Ebola: Verpleegster in VSA weier kwarantyn Vermeende ontvoerder van meisie (13) vandag in hof Nóg bewyse dat Ellen Tshabalala jok oor graad Gesteelde skape in vrou se slaapkamer gevind Fransman sterf ná 56 sopies 14 dood, 300 vermis ná grondstorting in Sri Lanka ​Kommer oor TB en diabetes-epidemie Kiwi's gaan stem oor nuwe vlag ​Rusland bied hulp aan na vuurpyl-ontploffing ​VN aanvaar resolusie oor Kuba Hoogswanger Thandi Bocibo by hospitaal weggewys Vermiste Casandra Lottering (13) is gevind Die Leeu, die Jakkals en die Perske maak musiek Wilde sampioene maak gesin siek Ebola: Switsers sê ja vir eksperimentele entstof Sanger Bobby beroof Kroonprinses Masako hou eerste banket in 11 jaar Kambodja: Broers sterf in handgranaatontploffing Tienerseun vas wat kleuter glo verkrag, vermoor Chinese toeriste in Durban-ongeluk beseer Oscar Pistorius: 4 gronde vir appèl Wes-Kaap: Alan Winde wil grondhervorming aanpak Senzo Meyiwa: Gemeenskap moet die polisie help
Sport

Kevin teen die prins

Anderson pak Ferrer ná puik sege oor Raonic

Vrydag 31 Mei 2013 10:17 nm.

Rafael Nadal

PARYS. – As beloning vir sy beste vertoning tot nog toe in die Franse Ope, is Kevin Anderson met die moeilike taak opgesaal om die prins van klei in die vierde ronde aan te durf.

Suid-Afrika se voorste tennisspeler het gister hier net drie stelle nodig gehad om ’n plek teen die vierde gekeurde, die Spanjaard David Ferrer, te bespreek.

Anderson, 25ste gekeur, het Milos Raonic (14de) met 7-5, 7-6, 6-3 geklop. Hy is die eerste Suid-Afrikaanse man sedert Wayne Ferreira in 1996 wat die vierde ronde van die Franse Ope kon haal.

Ferrer het verlede jaar die halfeindronde van die Franse Ope én die Amerikaanse Ope gehaal en sal ’n veel groter uitdaging as Raonic bied.

Ferrer se landgenoot en sewemalige Franse Ope-wenner, Rafael Nadal, het gister sukkel-sukkel tot die derde ronde van die toernooi deurgedring. Die verdedigende kampioen en eerste gekeurde het Martin Klizan van Slowakye met 4-6, 6-3, 6-3, 6-3 geklop.

Nadal het lusteloos voorgekom, terwyl sy linkshandige teenstander veral vroeg in die wedstryd aan die brand was.

Die wedstryd is Donderdag weens reën uitgestel en dít het Nadal erg gefrustreer.

Hy het gister ná sy sege uitgevaar teen die toernooi-program en dit ’n “grap” genoem.

“Gister (Donderdag) het ek net vir ’n halfuur opgewarm, so ek het nie baie tennis die afgelope drie dae gespeel nie.

“Ek dink almal hier weet dat Donderdag se skedule verkeerd was.

In teenstelling met Nadal het die Switserse maestro en tweede gekeurde, Roger Federer, nóg ’n vyfster-vertoning gelewer.

Hy het die Fransman Julien Benneteau in ’n raps meer as 90 minute uit die toernooi geboender. Die telling was 6-3, 6-4, 7-5.

Federer, wat sy 57ste oorwinning op Roland Garros behaal het, het net een oorwinning nodig om die rekord van Guillermo Vilas en Nicola Pietrangeli te ewenaar.

Hy speel in die vierde ronde teen Gilles Simon (Frankryk).

Die marathon-man van tennis, John Isner van Amerika, het ’n agterstand van twee stelle uitgewis om sy 21-jarige landgenoot Ryan Harrison met 5-7, 6-7, 6-3, 6-1, 8-6 te klop.

Dié titaniese stryd het 3 uur en 50 minute geduur.

Isner het presies ’n jaar gelede in ’n rekord-stryd van 76 potte die knie hier teen die Fransman Paul-Henri Mathieu gebuig. – Sportredaksie, Reuters