Kaapstad Verander Area

Vandag


23°C / 14°C

Wind 34km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 45%

Saterdag


26°C / 16°C

Wind 31km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 50%

Sondag


25°C / 15°C

Wind 25km/h


Reënval 0.3mm


Humiditeit 60%

Maandag


20°C / 14°C

Wind 28km/h


Reënval 44.9mm


Humiditeit 82%

Dinsdag


23°C / 15°C

Wind 17km/h


Reënval 1.2mm


Humiditeit 71%

Woensdag


23°C / 16°C

Wind 27km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 64%

Nuusflitse
4 werkers sterf toe brug ineenstort Man val laerskoolkinders met mes aan 4 mense dood en 14 beseer in ongelukke op Van Reenenspas Sataniste soek swart katte in Hongarye Man dood in Tafelberg-tragedie Zambiër vas oor hy in lug skiet ná president se dood ‘Hongarye sit internetbelasting eers op ys’ Miley Cyrus se rok skok Man ontnugter met droomvrou, wurg haar Rowers grawe tonnel om bank te beroof Vermeende verkragter gesoek MH370: Seuns dagvaar oor pa se “dood” Beroemde bokskryt glo gesteel Thuli Madonsela: Jy's nie bo die reg, JZ 13-jarige ontvoer: 'Toestande in ouerhuis nie noodwendig sleg' Steve Hofmeyr ken nie apartheid - Virginia Keppler Klimmer sterf op Nepal-berg Eerste renoster in Etosha gestroop Taxi-eienaar doodgeskiet in Jhb-middestad Werkloosheid hier om te bly Twee mans aangekeer ná skietvoorval Toeristemoord: Mianmar-verdagtes gaan weer getoets word Duitse toeris dood in Australiese park gekry Vodacom: Klante se besonderhede glo bekendgemaak Ebola: Verpleegster in VSA weier kwarantyn Vermeende ontvoerder van meisie (13) vandag in hof Nóg bewyse dat Ellen Tshabalala jok oor graad Gesteelde skape in vrou se slaapkamer gevind Fransman sterf ná 56 sopies 14 dood, 300 vermis ná grondstorting in Sri Lanka ​Kommer oor TB en diabetes-epidemie Kiwi's gaan stem oor nuwe vlag ​Rusland bied hulp aan na vuurpyl-ontploffing ​VN aanvaar resolusie oor Kuba Hoogswanger Thandi Bocibo by hospitaal weggewys Vermiste Casandra Lottering (13) is gevind Die Leeu, die Jakkals en die Perske maak musiek Wilde sampioene maak gesin siek Ebola: Switsers sê ja vir eksperimentele entstof Sanger Bobby beroof Kroonprinses Masako hou eerste banket in 11 jaar Kambodja: Broers sterf in handgranaatontploffing Tienerseun vas wat kleuter glo verkrag, vermoor Chinese toeriste in Durban-ongeluk beseer Oscar Pistorius: 4 gronde vir appèl Wes-Kaap: Alan Winde wil grondhervorming aanpak Senzo Meyiwa: Gemeenskap moet die polisie help
Sport

Leeus kan hul weeg

Pak swaargewigte van Samoa op Ellispark

Deur Pieter Jordaan Vrydag 31 Mei 2013 11:04 nm.

JOHANNESBURG. – Die eilandreuse van Samoa se maand lange toer in Suid-Afrika begin vandag hier op Ellispark met ’n lekker wedstryd teen ’n rugbyhonger Leeus-span.

Die wedstryd is ’n belangrike een ook – nie soveel vir die neutrale kyker nie, maar wel vir die spanne betrokke.

Kortweg kan ’n oorwinning oor ’n sterk Samoaanse span ’n goeie rigtingwyser wees vir die Leeus se strewe om binnekort ’n dramatiese sprong terug tot in Super-rugby te gee.

Die Leeus speel ná die Super-reeks in ’n promosie-relegasie-wedstryd teen die onderste Suid-Afrikaanse span op die puntelys.

En hoewel die Samoaanse groep nog nie voltallig is nie, is dit ’n welkome kans om sy huis se portaal solank in orde te kry voordat drie weke se toetsrugby vir hom aanbreek.

Aan Samoa se alewige lot het niks verander nie. Sy voorste spelers moes met moeite uit Nieu-Seeland, Engeland, Frankryk en Japan ontbied word en oefenkans as ’n eenheid was weer streng beperk.

Teen gister kon hulle nie betyds ’n groep van 23 spelers versamel nie, met die gevolg dat 3 Varsitybeker-spelers van die Wits-universiteit, Charlie Baggott (slot), Hannes Ludick (stut) en Jason Fraser (flank), vandag as “Samoane” teen die Leeus sal speel.

Ten minste kan die soort struikelblokke nou ’n week vóór Samoa se eerste toets, in Durban teen Skotland, oorbrug word.

Uit ’n toeskouer se oogpunt is daar die wete dat jy selde teleurgestel word wanneer spanne van die eilande rugby speel.

Onder die Suidsee-eilande het Samoa beslis oor die jare heen die grootste van die getatoeëerde reuse opgelewer, en ’n paar omvangryke skaduwees gaan nogmaals die span deur die tonnel tot op die beroemde veld volg. Selfs die Samoaanse skrumskakel weeg 96 kg, terwyl vier agterspelers wat in die beginspan gekies is meer as 100 kg saamdra.

Dit sluit in die tenkwa-vleuel Alesana Tuilagi, wat met sy 117 kg die grootste nr. 11 sedert die All Black Jonah Lomu sal wees wat Ellispark tref.

Ook maar goed sy regstreekse Leeus-teenstander is die geskoolde Deon van Rensburg – ’n goeie verdediger in eie reg.

Kom Tuilagi dáár verby, kan die Walvisbaaise heelagter van die Leeus, Chrysander Botha, en sy 78 kg-raamwerk sukkel om die groot vis in te katrol.

Voorlangs is dit ook maar goed JC Janse van Rensburg is terug in die Leeus se nr. 1-trui. Sy skrumteenstander is James Johnston, self ’n kolossale kêrel van 138 kg, wat al 71 keer vir die Engelse Premierliga-klub Harlequins uitgedraf het.

Nodeloos om te sê die Leeus is as ’n eenheid meer ingeoefen en onder Johan Ackermann se afrigting het hulle onlangs in ’n indrukwekkende opmars tot die Vodacombeker-titel nog aanskoulike hoëtempo-rugby gespeel.

Dus, al sal Ellispark dalk nie vandag onder die toeloop van toeskouers uit sy nate bars nie, mag die wat wél die moeite doen dalk net onverwags bederf word.

* Leeus: Chrysander Botha, Deon van Rensburg, Stokkies Hanekom, Alwyn Hollenbach, Anthony Volmink, Marnitz Boshoff, Michael Bondesio, Warren Whiteley (k), Warwick Tecklenburg, Jaco Kriel, Hugo Kloppers, Gavin Annandale, Ruan Dreyer, Robbie Coetzee, JC Janse van Rensburg.

PLAASVERVANGERS: Swys du Toit, Jacques van Rooyen, Willie Britz, Derick Minnie, Ross Cronjé, Lionel Cronjé, Dylan des Fountain, Ruan Combrinck/CJ van der Linde.

Samoa: Paul Williams (k), Sinoti Sinoti, Seilala Mapusua, Isaia Tuifua, Alesana Tuilagi, Ki Anufe, Junior Poluleuligaga, Ofisa Treviranus, Fa’alemiga Selesele, Alafoti Faosiliva, Charlie Baggott, Fa’atiga Lemalu, James Johnston, Manu Leiataua, Sam Aiono.

PLAASVERVANGERS: Ole Avei, Zak Taulafo, Logovi’i Mulipola, Hannes Ludick, Jason Fraser, Alatasi Tupou, Robert Lilomaiava, Brandon Va’aulu.

Afskop: 14.30.