Kaapstad Verander Area

Vandag


23°C / 15°C

Wind 32km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 69%

Vrydag


24°C / 15°C

Wind 36km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 60%

Saterdag


25°C / 14°C

Wind 38km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 52%

Sondag


27°C / 16°C

Wind 24km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 47%

Maandag


26°C / 16°C

Wind 28km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 55%

Dinsdag


23°C / 16°C

Wind 37km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 69%

Nuusflitse
Mthembu steeds in intensiewe sorg – ANC Man tronk toe wat stiefdogter verkrag Nene: Staat se gordel sal styf ingetrek word Man sterf toe hy van afleweringsvoertuig val Senzo Mchunu se vrou moet uit pos bedank - IVP Snik, gemmerkoekies word geslagloos Indonesië onderskep Australiese vliegtuig Duitsland stuur tieners terug wat glo by IS wou aan sluit KZN-mans lank tronk toe vir verkragting Kerkramp: Suid-Afrikaners se lyke steeds nie terug nie Heyns-moordsaak: Broer gaan dalk teen broer getuig SOE: Wil nie Nkandla-eis instel teen Jacob Zuma Oscar Pistorius: Eerste dag in die tronk Bloemfonteiners is ongesond, Kapenaars gesond Joodse mans ontevrede oor vroue-advertensies 5 jaar vir Pistorius Wraak-porno: Facebook moet IP-adresse verskaf Neusselle laat verlamde man wéér loop Oscar se beproewing sal nóóit verby wees nie - Aimée Bejaarde egpaar al vier keer beroof Oscar de la Renta sterf Weduwee onthul hoe PW nee sê vir staatshulp Panda's gee bewaarder grys hare Vier mans vas ná suuraanvalle op vroue Seun kritiek ná partytjie-verkragting WGO verklaar Nigerië Ebola-vry Britse toeristemoord: Verdagtes glo fisiek mishandel Japan: Twee vroueministers bedank weens korrupsie Indiese marathon ontaard in klug China skenk voedsel vir Ebola-lande Somerset-Wes: Vroue-rower skiet wag JZ: Waarom kritiek oor Nkandla - wat van PW? Texas: Ebola-personeel hoor vandag
Sport

Stryd in Cardiff bepaal halfeind-plek

Dis D-dag vir AB-hulle

Proteas beraam planne vir Gayle, Narine, maar reën kan laaste sê hê

Deur Johann de Jager Donderdag 13 Junie 2013 11:00 nm.

Sunil Narine

BLOEMFONTEIN. – Reënweer kan vandag in Cardiff die Proteas se grootste bondgenoot wees.

Suid-Afrika se krieketspan kom hier in ’n bepalende Kampioenetrofee-stryd teen die Wes-Indiese Eilande te staan.

Die wenner dring deur tot die halfeindronde, terwyl dit koebaai Meraai vir die verloorder is.

Maar as daar so na die Britse weerkundiges geluister word, kan reënbuie – eerder as kartetse en flitsende kolwe – vandag die laaste sê hier in Wallis hê.

Sou dit gebeur dat spel afgelas word, soos vroeër vandeesweek in die kragmeting tussen Nieu-Seeland en Australië die geval was, sal Suid-Afrika die Windies uit die toernooi knikker.

Die rede hiervoor is dat die Proteas ’n beter netto lopietempo as die Windies het.

As die weer hou, is daar darem die goeie nuus vir Suid-Afrika dat sy voorslagbouler Dale Steyn op sy pos behoort te wees.

Die Proteas-kaptein, AB de Villiers, het voor hul laaste oefening gistermiddag gesê Steyn is 99.9% reg. Hul finale netoefening sou finale bevestiging moes gee.

Wat die reënweer betref, het De Villiers gesê dis iets waaroor hulle nie beheer het nie.

Hul sal in elk geval, of dit nou oor 20 of 50 boulbeurte is, goeie krieket wil voorsit.

As reën wel ’n verkorte wedstryd toelaat, verander dit weer die prentjie en sal dit die Windies beter pas. Dié span is die T20-wêreldkampioen en beskik oor Indiese Premierliga-sterre soos Chris Gayle, Kieron Pollard en die draaier Sunil Narine.

De Villiers het juis gister gesê laasgenoemde sal ’n groot gevaar met die bal wees.

“Hy (Narine) is beslis een van die beste boulers in die wêreld en die gevaarman in hul span, hoewel die ander boulers nie te versmaai is nie.”

Hulle sal die Windies se ander waarskynlike wedstrydwenner, Gayle, ook in toom moet hou.

Die veld se kort grense, veral vir reguit houe, sal die Jamaikaan breed laat glimlag. “Hy kyk die boulers gewoonlik eers vir ’n paar aflewerings of wat deur voor hy besluit: ‘Reg, dis nou ek en jy.’ As hy aan die gang kom, sal ons die skade moet probeer beperk,” het De Villiers van sy IPL-spanmaat gesê.

Die Proteas se kaptein sê egter hulle het hul huiswerk behoorlik gedoen. “Ons wedstrydplan is uitgewerk, dinge is in plek. Ons sal vanaand nog meer doen en môre oorgehaal uitstap.”

Hoewel SA ’n uitstekende rekord teen die Windies het, het die eilandmanne al twee keer in die toernooi om die Kampioene-trofee met die Proteas afgereken.