Kaapstad Verander Area

Vandag


23°C / 14°C

Wind 32km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 45%

Saterdag


25°C / 16°C

Wind 32km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 50%

Sondag


26°C / 16°C

Wind 28km/h


Reënval 0.2mm


Humiditeit 58%

Maandag


20°C / 15°C

Wind 23km/h


Reënval 24.6mm


Humiditeit 85%

Dinsdag


21°C / 16°C

Wind 14km/h


Reënval 2.8mm


Humiditeit 76%

Woensdag


23°C / 16°C

Wind 33km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 63%

Nuusflitse
4 werkers sterf toe brug ineenstort Man val laerskoolkinders met mes aan 4 mense dood en 14 beseer in ongelukke op Van Reenenspas Sataniste soek swart katte in Hongarye Man dood in Tafelberg-tragedie Zambiër vas oor hy in lug skiet ná president se dood ‘Hongarye sit internetbelasting eers op ys’ Miley Cyrus se rok skok Man ontnugter met droomvrou, wurg haar Rowers grawe tonnel om bank te beroof Vermeende verkragter gesoek MH370: Seuns dagvaar oor pa se “dood” Beroemde bokskryt glo gesteel Thuli Madonsela: Jy's nie bo die reg, JZ 13-jarige ontvoer: 'Toestande in ouerhuis nie noodwendig sleg' Steve Hofmeyr ken nie apartheid - Virginia Keppler Klimmer sterf op Nepal-berg Eerste renoster in Etosha gestroop Taxi-eienaar doodgeskiet in Jhb-middestad Werkloosheid hier om te bly Twee mans aangekeer ná skietvoorval Toeristemoord: Mianmar-verdagtes gaan weer getoets word Duitse toeris dood in Australiese park gekry Vodacom: Klante se besonderhede glo bekendgemaak Ebola: Verpleegster in VSA weier kwarantyn Vermeende ontvoerder van meisie (13) vandag in hof Nóg bewyse dat Ellen Tshabalala jok oor graad Gesteelde skape in vrou se slaapkamer gevind Fransman sterf ná 56 sopies 14 dood, 300 vermis ná grondstorting in Sri Lanka ​Kommer oor TB en diabetes-epidemie Kiwi's gaan stem oor nuwe vlag ​Rusland bied hulp aan na vuurpyl-ontploffing ​VN aanvaar resolusie oor Kuba Hoogswanger Thandi Bocibo by hospitaal weggewys Vermiste Casandra Lottering (13) is gevind Die Leeu, die Jakkals en die Perske maak musiek Wilde sampioene maak gesin siek Ebola: Switsers sê ja vir eksperimentele entstof Sanger Bobby beroof Kroonprinses Masako hou eerste banket in 11 jaar Kambodja: Broers sterf in handgranaatontploffing Tienerseun vas wat kleuter glo verkrag, vermoor Chinese toeriste in Durban-ongeluk beseer Oscar Pistorius: 4 gronde vir appèl Wes-Kaap: Alan Winde wil grondhervorming aanpak Senzo Meyiwa: Gemeenskap moet die polisie help
Sport

Junior Wêreldtoernooi

Nou wag Wallis op SA

Deur Kobus Pretorius Donderdag 13 Junie 2013 11:38 nm.

KAAPSTAD. – Handré Pollard jou doring!

Dié Blou Bul-losskakel se akkurate skopvoet het die Junior Bokke gisteraand in La Roche-sur-Yon nie net gehelp om vir die halfeindronde van die Junior Wêreldtoernooi te kwalifiseer nie, maar danksy die Bokkies se oorwinning van 26-19 oor die Jong Hane het hulle daarin geslaag om die gevaarlike Junior All Blacks in dié uitklopronde te vermy.

Suid-Afrika kom Dinsdag in die halfeindronde teen Wallis te staan nadat die Jong Drake vroeër met Argentinië afgereken het,

Nieu-Seeland sal Engeland se o.20-span in die ander halfeindstryd pak.

Pollard, agter ’n pak voorspelers wat meestal agteruit geboer het, het drie moeilike strafdoele en ’n ewe moeilike doelskop oorgeklits om ’n sege te verseker en te vergoed vir sy sukkelvertoning in die vorige wedstryd teen Engeland.

Die Bokkies was met die rustyd net met 8-7 voor teen ’n begeesterde Franse span. Hulle het egter by tye in die tweede helfte heelwat beter gespeel.

Cheslin Kolbe het ’n uitstekende wedstryd met ’n puik individuele drie in die doodsnikke afgesluit om die sege te verseker.

Die Jong All Blacks het Ierland in Vannes, Frankryk, in ’n spannende, maar opwindende wedstryd uitgeskakel toe hulle dié span met 31-26 verslaan het. In La Roche-sur-Yon het Wallis gewys hoe belangrik dit is om ’n wedstryd goed te begin. Die Jong Drake het met 25-20 oor Argentinië geseëvier.

Engeland het die grootste sege in die geskiedenis van die toernooi behaal toe hy die VSA met 109-0 vermorsel het. Die Engelse se 17 drieë is ook die meeste in die toernooi tot nog toe. Die Iere kon met ’n bykomende bonuspunt vir vier drieë Engeland uit die toernooi geknikker het, maar Nieu-Seeland se verdediging in die doodsnikke het gehou om ’n taai wedstryd te beklink.

Wallis het die eerste helfte van sy kragmeting met Argentinië oorheers en rustyd met 16-0 voorgeloop.

Hy moes egter bontstaan in die tweede helfte en vasklou aan sy voorsprong toe die Argentyne teruggeveg het.

* Suid-Afrika se stut Luan de Bruin is gister vir vier weke geskors nadat hy skuldig bevind is aan ’n boorvat teen Engeland

* Puntemakers:

Junior Bokke 26 (8): Drieë: Dries Swanepoel, Luther Obi, Cheslin Kolbe. Doelskop: Handré Pollard. Strafdoele: Pollard (3).

Jong Hane 19 (7): Drieë: Thibault Regard, Marco Tauleigne, Baptiste Serin. Doelskoppe: Enzo Selponi, Baptiste Serin.