Kaapstad Verander Area

Vandag


22°C / 15°C

Wind 31km/h


Reënval 0.2mm


Humiditeit 67%

Vrydag


23°C / 15°C

Wind 39km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 59%

Saterdag


25°C / 15°C

Wind 38km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 53%

Sondag


27°C / 16°C

Wind 24km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 51%

Maandag


25°C / 16°C

Wind 31km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 64%

Dinsdag


24°C / 17°C

Wind 32km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 64%

Nuusflitse
Rowers blaas kitsbank op, vlug met geld Vry word op Zimbabwe-kampus verbied KZN: Vrou sterf in tref-en-trap-ongeluk Oscar: Belastingbetalers gaan opdok OB benodig R64 miljoen Gat in staat se sak kan tot hoër belasting lei Mthembu steeds in intensiewe sorg – ANC Man tronk toe wat stiefdogter verkrag Nene: Staat se gordel sal styf ingetrek word Man sterf toe hy van afleweringsvoertuig val Senzo Mchunu se vrou moet uit pos bedank - IVP Snik, gemmerkoekies word geslagloos Indonesië onderskep Australiese vliegtuig Duitsland stuur tieners terug wat glo by IS wou aan sluit KZN-mans lank tronk toe vir verkragting Kerkramp: Suid-Afrikaners se lyke steeds nie terug nie Heyns-moordsaak: Broer gaan dalk teen broer getuig SOE: Wil nie Nkandla-eis instel teen Jacob Zuma Oscar Pistorius: Eerste dag in die tronk Bloemfonteiners is ongesond, Kapenaars gesond Joodse mans ontevrede oor vroue-advertensies 5 jaar vir Pistorius Wraak-porno: Facebook moet IP-adresse verskaf Neusselle laat verlamde man wéér loop Oscar se beproewing sal nóóit verby wees nie - Aimée Bejaarde egpaar al vier keer beroof Oscar de la Renta sterf Weduwee onthul hoe PW nee sê vir staatshulp Panda's gee bewaarder grys hare Vier mans vas ná suuraanvalle op vroue Seun kritiek ná partytjie-verkragting WGO verklaar Nigerië Ebola-vry Britse toeristemoord: Verdagtes glo fisiek mishandel Japan: Twee vroueministers bedank weens korrupsie Indiese marathon ontaard in klug China skenk voedsel vir Ebola-lande Somerset-Wes: Vroue-rower skiet wag JZ: Waarom kritiek oor Nkandla - wat van PW? Texas: Ebola-personeel hoor vandag
Sport

Diamantliga-atletiekbyeenkoms

Bolt blits terug met oorwinning in Oslo

Vrydag 14 Junie 2013 1:27 nm.

Usain Bolt steek die wenstreep oor in die 200 by die Diamantliga-atletiekbyeenkoms in Oslo, Noorweë. Foto: Cornelius Poppe | Reuters

JOHANNESBURG. – Gerugte en berigte dat Usain Bolt verby sy beste is, was toe hoogs oordrewe.
Hy het Donderdagaand in Oslo, Noorweë, by die Diamantliga-atletiekbyeenkoms die vinnigste 200 in die geskiedenis só naby aan die Noordpool afgelê . . . en in sy skadu het Johan Cronjé ’n haarbreedte van sy beste tyd in die deesdae-seldsame-myl gedraai.
Ja, Bolt ís twee maande voor die wêreldkampioenskappe steeds myle van sy allerbeste af – maar hy het sy onlangse nederlaag in die 100 teen die Amerikaanse dwelm-verneuker Justin Gatlin met ’n nuwe stadion-rekord in Oslo gevier.
Sy wentyd van 19.79 is die eerste 200-tyd onder 20 sekondes vanjaar (voor Oslo was sy landgenoot Nickel Ashmeade se 20.00 die vinnigste) – en hy het die oud-Springbok Frankie Fredericks se byeenkomsrekord van 17 jaar gelede (19.82) verbeter.
Laat dit ook dadelik gesê word: geeneen van Bolt se sterkste teenstanders het deelgeneem nie, met die Noorweër Jaysuma Saidy Ndure ’n verre skadu in die tweede plek (20.36).
Bolt het agterna gekla dat hy “koud gekry het – en ek hou niks van koue nie”, maar dat hy tevrede is met sy poging.
“Ek gaan nou terug Jamaika toe en gaan daar slyp aan my doelwitte: om die beste in die wêreld te wees en drie goue medaljes in Moskou (by die wêreldkampioenskappe in Augustus) te wen.
“O ja, en ek wil onder 19 sekondes in die 200 draai.”  Bolt se wêreldrekord is 19.19.
* Cronjé het in die myl weggespring met ’n onlangse SA rekord van 3:33.46 in die myl se metrieke boetie, die 1 500, in sy agtersak.
Hy was vir die eerste drie rondtes in die heel laaste plek – en hoewel hy oor die laaste 400 meter vier teenstanders verby gesteek het, het hy negende geëindig. In 3:54.86 – ’n skrale 0.02 sekondes stadiger as sy persoonlike beste, die 3:54.84 wat hy vier jaar gelede in Londen gehardloop het.
Cronjé was nooit in dié wedloop rêrig ’n bedreiging vir Johan Fourie se SA rekord (3:50.82 in 1987 in Port Elizabeth) nie.
Die wedloop is gewen deur ene Ayanleh Souleiman van kleine Djiboeti (3:50.53).
* Die koue weer (15 grade) het die byeenkoms van rêrige wêreldklasvertonings beroof, met die beste ander vertonings die Bulgaar Ivet Lalova se 11.04 in die 100; Meseret Defar (Ethiopië) se 14:26.90 in die 5 000 en die 19-jarige Keniaan Consensus Kipruto se 8:04.48 in die 3 000-hindernis.
* Ander SA nuus is dat Anneri Ebersohn Woensdag in Huelva, Spanje, derde in die 400-hekkies in 56.03 teenoor die wenner se 54.77 was.