Kaapstad Verander Area

Vandag


27°C / 11°C

Wind 16km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 32%

Sondag


26°C / 12°C

Wind 15km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 27%

Maandag


23°C / 13°C

Wind 24km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 55%

Dinsdag


25°C / 14°C

Wind 22km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 43%

Woensdag


22°C / 12°C

Wind 31km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 60%

Donderdag


26°C / 13°C

Wind 21km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 38%

Sport

Gholf

Reinard nou wêreldkampioen

Deur marizanne kok Vrydag 14 Junie 2013 14:20

Reinard Schuhknecht het die 76ste wêreldkampioenskap vir spelers met een arm in Skotland gewen. Foto: Carl Fourie | Gallo Images

Die Pretoria-gholfspeler Reinard Schuhknecht kan homself nou 'n wêreldkampioen noem, nadat hy die 76ste wêreldkampioenskap vir spelers met een arm in Skotland gewen het.
Die 21-jarige, wat ondanks sy gebrek met 'n voorgee van +5 spog, het die houespel-titel by die Ballater-gholfklub vroeër vandeesmaand danksy rondtes van 72 en 74 gewen. Hy was daarna ook die naaswenner in die putjiespel-kompetisie.
“Dis ‘n wonderlike gevoel om 'n wêreldkampioen te wees,” het Schuhknecht, wat die bynaam “Rhino” gekry het by die wêreldbyeenkoms, gesê. Hy het ook die Sir Ian Hamilton-trofee gewen omdat hy die beste netto-telling aangeteken het, en was die gesamentlike wenner van die aangepaste beurtspel-kompetisie.
Schuhknecht het sy arm in 2006 verloor, nadat hy geskok is deur 11 000 volts en erge brandwonde aan sy regterhand en –pols opgedoen het. Hy het egter geweier om toe te laat dat sy gebrek sy gholfdrome beëindig en is nou een van Suid-Afrika se voorste gestremde gholfspelers.
“Twee dae ná ek uit die hospitaal gekom het, was ek terug op die oefenbof en het ek myself begin leer hoe om met een arm te speel,” het hy gesê. “Ek hoop net ek kan iemand anders inspireer om dieselfde te doen.”